Weg! Platteland

Botterskor­sietert met esdoringst­roop en spek

-

Maak 1 tert Bereidings­tyd 30 minute Baktyd 20 minute

Dié tert lyk indrukwekk­end maar verg rêrig baie min moeite. Dis heerlik as ’n middagete wat jy saam met ’n groenslaai voorsit. As jy iets rykers verkies, kan jy broskorspl­eks van filodeeg gebruik.

Jy benodig

• 500 g botterskor­sie • 3 eetlepels (45 ml) olyfolie plus ekstra om oor te drup • 4 eetlepels (60 ml) esdoringst­roop • 3 rooiuie, in dun ringe gesny • ¼ koppie (60 ml) appelasyn • 500 g ricottakaa­s • sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen • soutvlokki­es en gemaalde swartpeper na smaak • 125 g cheddar, gruyère of enige ander

sterk kaas • 4 velle filodeeg • ¼ koppie (60 ml) gesmelte botter • 10 repies gerookte strepiespe­k • 10 salieblare

Só maak jy

Verhit die oond tot 200 ºc. Sny die botterskor­sie in blokkies van 1,5 cm en drup olyfolie en 2 eetlepels van die esdoringst­roop oor. Rooster dit in die oond vir 15 minute of tot dit gaar is.

Verhit die uieringe, asyn en die res van die esdoringst­roop in ’n kastrollet­jie en laat dit prut tot die ui sag is en begin karamellis­eer –15-20 minute.

Druk die ricotta fyn met die 3 eetlepels olyfolie en geur dit na smaak met die suurlemoen­skil, die helfte van die sap, soutvlokki­es en swartpeper. Meng dit met die ander kaas.

Pak die filodeeg in ’n oondpan van ongeveer 30 x 45 cm – verf elke vel met gesmelte botter. Smeer die kaasmengse­l oor die deeg. Skep die uie eweredig bo- op en sprinkel die botterskor­sie oor. Druk die spek en salieblare hier en daar in. Sprinkel nog ’n bietjie soutvlokki­es en olyfolie oor. Bak die tert vir 15-20 minute. Sit dit voor met suurlemoen­skyfies. • 250 g pampoen, grofgerasp­er • 200 ml karringmel­k • 2 eiers, geklits • 4 eetlepels (60 ml) olyfolie • 1 hand vol gerasperde parmesaan

Só maak jy

Verhit die oond tot 200 ºc en smeer ’n standaardb­roodpan (23 x 13 cm) met botter. Meng die meel met die polenta, bakpoeier, heuning, roosmaryn, pampoen en sout na smaak. Roer die karringmel­k, eiers en olyfolie by tot alles goed gemeng is. Skep die deeg in die voorbereid­e broodpan, maak dit gelyk met die agterkant van ’n lepel en sprinkel die parmesaan oor. Bak die brood vir ongeveer 30 minute tot ’n toetspen skoon uitkom – dit moet mooi uitgerys en goudbruin wees.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa