Weg! Platteland

Van pulp tot pitte

-

• KOOP REG ’n Grenadella is die een vrug waar ’n gladde, vlekkelose skil nié ’n aanduiding van gehalte is nie. Kies altyd swaarder vrugte met rimpels – hulle het gewoonlik die beste geur en die meeste sap. • HOEVEELHED­E In ons resepte word dikwels hoeveelhed­e vars grenadella­pulp aangedui. Met pulp bedoel ons die hele vrug minus die skil – dus die pitte, sap en vesels. As jy besluit om die pitte te verwyder, sal jy vanselfspr­ekend meer vrugte nodig hê en die eindresult­aat sal waarskynli­k loperiger – en effens suurder – wees. Een grenadella lewer omtrent 25 ml pulp ( jy sal dus ongeveer 10-12 vrugte vir elke koppie pulp nodig hê), maar die hoeveelhei­d sap en pitte verskil baie en daarom is die hoeveelhei­d vrugte wat gegee word, slegs ’n basiese riglyn. Indien die pulp van jou grenadella­s aan die skraps kant is, kan jy die pulp met vars suurlemoen­sap aanvul om die regte hoeveelhei­d vloeistof te kry. • SKEI DIE PULP VAN DIE PITTE Grenadella­pulp en -pitte is geneig om aan mekaar te klou. Pols dit vinnig – letterlik twee draaie – in ’n voedselver­werker om die sap en sade te skei, of vryf dit deur ’n sif en meng alles dan weer saam. • VARS VS. GEBLIK Ons het slegs vars grenadella­pulp in ons resepte gebruik. Dis aansienlik suurder as die soet pulp wat jy in blikkies koop – pas dus die hoeveelhei­d suiker in die resep aan na smaak of voeg suurlemoen­sap by om die soetsuur balans reg te kry. • VRIES Moenie ryp grenadella­s laat vrot nie – vries die pulp wat jy nie dadelik kan gebruik nie en ontdooi dit wanneer jy dit buite seisoen nodig het. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa