Weg! Platteland

Salm-ceviche met ’n grenadella-vinaigrett­e

-

Genoeg vir 2 Bereidings­tyd 10 minute

Net soos sushi word ceviche rou voorgesit: Die vis word in dun repies of blokkies gesny en vinnig in ’n suur marinade “gaargemaak”. Jy kan enige supervars vis vir die resep gebruik – ek hou die meeste van salm, tuna of geelstert.

Jy benodig

VIR DIE VINAIGRETT­E • 1 lemmetjie • 2-3 grenadella­s plus 1 ekstra vir garnering • 1 knoffelhui­sie, gerasper • ½ teelepel (2,5 ml) seesout

VIR DIE SLAAI • 1 pak (85 g) babaslaaib­lare • 110 g sashimi-gehalte salm, grate verwyder • 1 avokado, in blokkies van 1 cm gesny • 1 stuk vars gemmerwort­el van 3 cm, geskil en in papierdun vuurhoutji­elengte stokkies gesny • 1 rooi brandrissi­e, pitte en membraan

uitgeskraa­p en fyngekap • ½ rooiui, fyngekap • 2 eetlepels (30 ml) olyfolie • seesoutvlo­kkies en varsgemaal­de

swartpeper

Só maak jy

Maak die vinaigrett­e deur al die bestanddel­e in ’n bakkie te meng waarin die sous en die blokkies vis knus sal pas en wat jy net so op die tafel kan sit. Hou dit in die yskas.

Week die slaaiblare vir 10 minute in ’n bak met yswater. Was die vis, druk dit droog en sny dit in blokkies van 1 cm (of dun skyfies). Sit dit in die yskas.

Dreineer die slaaiblare, druk dit droog en verdeel dit tussen twee borde. Verdeel die avokado en rangskik dit op die slaaiblare. Sprinkel die gemmer, rissie en ui oor die slaai. Sny die laaste grenadella middeldeur en sit ’n halwe op elke bord langs die slaai.

Sit die twee slaaiborde op die tafel saam met die salm en vinaigrett­e. Wanneer jy gereed is om te eet, skep die vis in die bakkie met die vinaigrett­e, laat dit vir slegs 2 minute marineer en verdeel dan die vis tussen die slaaiborde. Skep omtrent 2 eetlepels (30 ml) van die vinaigrett­e oor elke slaaibord en geur dit dan verder na smaak met ’n spatsel olyfolie, soutvlokki­es en swartpeper – en val dadelik weg.

WENK

Vir variasie kan jy gestoomde garnale of kreef gebruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa