Weg! Platteland

Maklike grenadella­brosbrood

- Herfs 2016

Maak 24 blokkies Bereidings­tyd 30 minute Baktyd 15 minute

Dié koekies smelt letterlik in die mond. Jy kan ook ronde koekies vorm en dit met die versiersel aan mekaar plak.

Jy benodig

• 150 g sagte botter • ¼ koppie (60 ml of 56 g) strooisuik­er

plus ekstra om te sprinkel • pulp van 2 grenadella­s • ¼ koppie (60 ml) mielieblom of rysmeel • 1 koppie (250 ml of 130 g) koekmeel

VIR DIE VERSIERSEL • 100 g botter • 1½ koppie (375 ml) versiersui­ker • pulp van 2 grenadella­s

Só maak jy

Voorverhit die oond tot 150 ºc (of 130 ºc as jy ’n oondwaaier het) en voer twee bakplate met bakpapier uit.

Room die botter en suiker tot dit liggeel en donsig is. Voeg die grenadella­pulp by. Meng die twee soorte meel en voeg dit teen ’n stadige spoed by die botter. Meng dit tot dit netnet ingemeng is. Sit die deeg vir 20 minute in die yskas.

Rol die deeg 1 cm dik uit en sny dit in vingers, of vorm dit in ’n wors wat jy dan in wieletjies sny. Pak die koekies op die bakpapier, sprinkel ’n bietjie ekstra strooisuik­er oor en prik dit met ’n vurk.

Bak die koekies vir omtrent 15 minute in die middel van die oond tot die koekies net-net ferm is as jy daaraan raak. Laat dit op die bakplaat afkoel.

Maak die versiersel deur al die bestanddel­e goed saam te meng. Versier die afgekoelde koekies daarmee of plak dit twee-twee aan mekaar vas. • 1 koppie (250 ml of 225 g) strooisuik­er • ½ koppie (125 ml) grenadella­pulp • sap en skil van 1 suurlemoen • 1 koppie (250 ml) melk ( jy kan ook

klappermel­k gebruik) • 5 eetlepels (75 ml of 50 g) koekmeel

Só maak jy

Voorverhit die oond tot 180 ºc (of 160 ºc met die oondwaaier) en smeer ’n middelslag­oondvaste bak (20 x 20 cm) met botter. Hou ’n ketel kookwater en ’n oondpan byderhand.

Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm en sit dit eenkant. Pols die botter en strooisuik­er in die beker van ’n voedselver­werker of versapper tot dit lig en donsig is. Pols dan die eiergele, grenadella­pulp, suurlemoen­sap en -skil, melk en meel by – moenie skrik as die affêre lyk of dit skif en vol stukkies is nie.

Skep ’n derde van die beslag by die eierwitte, vou dit deur en vou dan die res van die beslag daarby in. Skep dit uit in die voorbereid­e oondbak.

Sit die bak in die middel van die oondpan en gooi genoeg kookwater in die oondpan tot die oondbak halflyf in die water staan. Bak die poeding vir 35-40 minute – dit moet gestol en goudbruin bo-op wees, met die onderkant nog sag en souserig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa