Weg! Platteland

Pad Thai-noedels met perdeblomk­rone

-

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 5 minute

Jy benodig

VIR DIE SOUS • 2 eetlepels (30 ml) vars uitgedrukt­e

suurlemoen­sap • 2 eetlepels (30 ml) tamarynsme­er

(of vervang dit met suurlemoen­sap) • 3 eetlepels (45 ml) vissous • 3 eetlepels (45 ml) suiker

VIR DIE NOEDELS • 1 boks (200-250 g) pad Thai-rysnoedels • 1 eetlepel (15 ml) ongegeurde olie

(canola of sonneblom) • 2 groot knoffelhui­sies, in dun skyfies gesny • 2 eiers

VIR DIE PERDEBLOMM­E • 1 eetlepel (15 ml) ongegeurde olie

(canola of sonneblom) • 16 perdeblomk­rone, silwerskoo­n gewas

Só maak jy

Maak die sous Meng al die sousbestan­ddele in ’n bak en roer dit goed. Maak die noedels Gooi die noedels in ’n ander bak en laat dit vir 8 minute in kookwater week. Dreineer dit in ’n vergiettes. Maak die perdeblomm­e Verhit die olie oor hoë hitte in ’n pan wat groot genoeg is sodat die krone in ’n enkellaag kan lê. Voeg die krone by en roerbraai dit vir niks langer as 2 minute nie – dit sal vinnig volume verloor. Skep die krone uit op ’n bord. Rond die gereg af Verlaag die hitte tot matig en gooi 1 eetlepel olie in die pan. Voeg die knoffelsky­fies by en roerbraai dit tot sag. Voeg nog ’n eetlepel olie by en breek die eiers in die pan. Keer dadelik die gedreineer­de noedels bo-op uit en roer dit goed deur om die eier in te meng (‘n kombuistan­g werk goed). Verhoog die hitte tot matig-hoog en gooi die sous oor die noedels. Skraap enige onopgelost­e suikerkorr­els uit en meng dit goed deur. Skep laastens die perdeblomk­rone terug in die pan met die noedels en meng dit deur om die krone deurwarm te maak. Rond dit af met geroosterd­e grondbone en ’n suurlemoen­wiggie, as jy wil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa