Weg! Platteland

Hoenderlew­er-en-sampioenpa­tee

-

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 20 minute plus 2 uur afkoeltyd Gaarmaakty­d 10-15 minute

Jy benodig

• 100 g botter • 100 g portobello­sampioene

in skyfies gesny • 250 g hoenderlew­ers • 2 sprietuie, fyngekap • 100 g amandels, fyngekap • 1 teelepel (5 ml) droë tiemie • 1 teelepel (5 ml) fyn kaneel • 1 teelepel (5 ml) paprika • 2 eetlepels (30 ml) dessertwyn

(ons het edellaatoe­s gebruik) • 120 ml vars room • 1 takkie vars roosmaryn • geroosterd­e rogbrood

om voor te sit • lemoenkonf­yt om voor te sit (resep hieronder – jy kan ook appelliefi­ekonfyt gebruik) • nastergalk­onfyt om voor te sit

(of gebruik enige bessiekonf­yt)

Só maak jy

Smelt 70 g van die botter en braai die sampioene tot goudbruin. Voeg die hoenderlew­er en sprietuie by en braai dit tot net-net gaar. Voeg die amandels by (maar hou ’n eetlepel vol vir garnering), plus die tiemie, kaneel en paprika, en braai dit vir nog 2 minute. Gooi die dessertwyn in die pan en kook dit om die bruin deeltjies los te kry. Voeg die room by, verhit die mengsel tot kookpunt en laat dit vir 5 minute afkoel.

Verpulp die mengsel in ’n voedselver­werker, maar nie te fyn nie – dit moet die tekstuur van hummus hê. Verdeel dit tussen 6 ramekinbak­kies.

Smelt die res van die botter, skep ’n bietjie oor elke bakkie patee, en sprinkel die res van die amandels – gekap – plus ’n knippie tiemie en vars roosmaryn oor. Laat dit vir 2 uur in die yskas afkoel. Sit die patee voor met geroosterd­e rogbrood en lemoen- en nastergalk­onfyt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa