Weg! Platteland

Koningskaa­s

- Somer 2016-’17

Dalewood Fromage se Huguenot-kaas – ’n neuterige neef van gruyère wat 6 maande verouder is – is vanjaar by die SA Suiwelkamp­ioenskappe as die suiwelprod­uk van die jaar aangewys, maar toe vertel Celeste Scholtz, ons voorbladmo­del in die vorige uitgawe, jy kry dit ook in ’n kleiner “Truckle”-grootte (gemiddeld 1,2 kg elk) wat jy, net soos ’n Switserse tête de moine-kaas (’n sogenaamde monnikskop), in veerligte “kaasangeli­ere” kan verander met ’n kaassnyer wat die Franse ’n girolle, die Hollanders ’n kaaskrulle­r ( Nee, hy maak nié daai goedkoop spookdroll­e wat jy by die keffiekoop nie. – Reds.) en die Engelse ’n cheese scraper noem. ’n Partytjiet­ruuk duisend! • Dalewood se winkel langs die R45 (die Simondiump­ad) verkoop kaas en kaasbykoms­tighede en is Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 16:00 oop. Tussen September en Junie doen die winkel ook Saterdae van 10:00-15:00 sake.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa