Weg! Platteland

IN ’N NEUTEDO(R)P

-

Hoe ver van die grootstad af? 80 km van Richardsba­ai, 100 km van Ballito en 150 km van Durban af.

Geriewe Eshowe het ’n Pick n Pay, Superspar, Build it, Spur, KFC, apteke, dokters, ’n tandarts, verskeie klere- en meubelwink­els, bandeplekk­e, motorhande­laars en takke van die meeste banke.

Naaste hospitale Die dorp het ’n staatshosp­itaal ( 035 474 4500), maar die naaste private hospitale is in Richardsba­ai, Ballito en Durban.

Naaste aftreeoord Die Zululandte­huis vir bejaardes is ’n netjiese aftreeoord met pragtige tuine. zha.org. za 035 474 2636

Skole Hier is heelwat skole, maar die gewildstes is Gratton Primary ( gratton.co.za), Eshowe High ( eshowe high.org.za) en Eshowe Christian School ( 035 474 2846).

Naaste Woolies Richardsba­ai (80 km)

Munisipali­teit Eshowe is die hoofkantoo­r van die Umlalazimu­nisipalite­it, wat die dorpies Mtunzini, Gingindlov­u, Amitikulu en Ntumeni insluit. Die munisipali­teit vorm deel van die Koning Cetshwayo-distriksmu­nisipalite­it en word allerweë as een van die beteres in Kwazulu-natal beskou.

Groot gedoentes In Maart 2017 sal Zoeloeland se rugbyspann­e die 71ste keer sake uitspook by die jaarlikse Bozas-beker ( 082 496 1169). Die jaarlikse Oesfees ( 082 875 8313) word in Mei gehou en die Ngoje-veldwedloo­p ( ngoje.co.za) einde Julie. Op die Eshowevoël­kyknaweek ( 035 474 1225 of 083 286 5768) in Oktober kan jy saam met gidse uitgaan na verskeie voëlkykpun­te.

Toerisme-inligting Besoek die webwerf eshowe.co.za, eshoweguid­e.co.za of visitzulul­and. co.za – of bel Umlazi se toerismebe­ampte, Ronel Hulley, by 035 473 3359.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa