’N APP VIR GROEN VINGERS
Babylonstoren buite die Paarl het Suid-afrika se eerste gemeenskapsgebaseerde – en heeltemal gratis – tuin-app bekend gestel waarmee tuiniers hulle kennis met mekaar kan deel.
Nadat jy ’n profiel geskep het, kan jy jou verlustig in ander ywerige tuiniers se foto’s met interessanthede, vrae en wenke – en jy kan natuurlik ook jou eie tuinavonture en -vrae deel. Danksy “Suid-afrika se volledigste plantdatabasis”, wat opgedeel is in “Food plants”, “Bulbs”, “Climbers”, “Flowers”, “Foreign”, “Fungi”, “Fynbos”, “Grass & Restios”, “Groundcovers”, “Orchids”, “Plectranthus”, “Shrubs”, “Succulents”, “Trees”, “Veldkos”, “Water Plants” en “Waterwise”, kan jy jou verbeel jy is ’n plantkenner. Daar is ’n foto van elke plant met ’n beskrywing, groei-inligting en grondvoorkeure.
Die beste van alles is dat jy Ernst van Jaarsveld, Babylonstoren se meesterbotanis, kan “volg” en direk vir hom of ander Babylonstoren-tuiniers vrae stuur.
Die app is beskikbaar vir Apple- en Android-fone. >