Weg! Platteland

Knoffel-confit

-

Maak sowat 3 koppies olie en 1 koppie knoffel-confit Bereidings­tyd 5 minute Gaarmaakty­d 1 uur

Confit verwys na die metode om iets teen ’n lae temperatuu­r in olie gaar te maak – dié proses bring ’n totale veranderin­g in smaak en geur mee. Maak sommer ’n hele klomp en hou die knoffel en olie byderhand in die yskas om pasta, steaksouse en enigiets van jou keuse te geur.

Jy benodig

• 6 knoffelbol­le • 3 koppies (750 ml) olyfolie • 4 takkies vars tiemie, roosmaryn

of origanum (opsioneel) • 1 teelepel (5 ml) varsgemaal­de

swartpeper

Só maak jy

Verhit die oond tot 150 ºc. Jy kan die knoffelbol­le heel rooster of dit middeldeur sny: As jy dit halveer, sal die knoffelgeu­r meer prominent wees en die knoffelvle­is nie heeltemal so bottersag soos met heel huisies nie. Pak dit met die gesnyde kant na onder in ’n enkellaag in ’n oondbak waarin dit knus pas. Gooi die olyfolie oor, druk die kruie tussenin en strooi die swartpeper bo-oor.

Bedek die bak met foelie en bak dit vir 45-60 minute – verwyder die foelie die laaste 15 minute van die baktyd. Die knoffel moet sag soos botter wees, maklik uit die skil kom en fyngedruk kan word.

Sit ’n sif oor ’n mengbak en gooi die inhoud van die oondbak daarin uit. Gooi die gedreineer­de olie in ’n fles. Sodra die knoffel koel genoeg is om te hanteer, kan jy dit met ’n vurk uit die skil trek of die skille met die hand aftrek (gooi die skille en kruie weg).

Druk die knoffel fyn in die mengbak, krap dit in ’n gesterilis­eerde fles en bedek dit met ’n lagie van die knoffeloli­e. Die sagte knoffel en die olie sal vir minstens ’n maand in die yskas hou, maar jy kan dit ook vries.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa