Oondgebakte rooiuie
KOOK MET DIE UIEFAMILIE Genoeg vir 6 Bereidingstyd 5 minute Gaarmaaktyd sowat 1 uur
Gebakte rooiuie is ’n wennerbykos by ’n braai. Jy kan dit verder opkikker met ’n paar knoffelhuisies en/of kruie soos roosmaryn of tiemie.
Jy benodig
• 5 rooiuie • 3 eetlepels (45 ml) olyfolie • 1 koppie (250 ml) vars broodkrummels • 50 g amandels, grofgekap • 50 g parmesaankaas, gerasper • ½ koppie (125 ml) room • 1 blokkie hoender- of
groenteaftreksel