Weg! Platteland

Rooiuiekon­fyt met kaneel

-

Maak 1 kg konfyt Bereidings­tyd 30 minute Gaarmaakty­d 1 uur

Kaneel, rooiuie en rooiwyn is ’n feestelike kombinasie – gebruik dié konfyt soos wat jy uiemarmela­de sal inspan.

Jy benodig

• ½ koppie (125 ml) olyfolie • 1 eetlepel (15 ml) growwesout • 2 kaneelstok­kies • 1,5 kg rooiuie, geskil en in dun ringe gesny

(of gebruik enige ander uie) • ½ koppie (125 ml) elk rooiwynasy­n, droё

rooiwyn en suiker

Só maak jy

Verhit die olyfolie, ’n paar draaie varsgemaal­de swartpeper, die sout en die kaneelstok­kies in ’n groot kastrol. Voeg die uieringe by, roer dit goed deur, sit die deksel op en laat dit vir 20 minute oor matige hitte prut.

Haal die deksel af, voeg die res van die bestanddel­e by en laat dit vir nog 30 minute sonder die deksel prut. Hou die konfyt veral in die laaste deel van die kooktyd goed dop: Die meeste vloeistof sal begin verdamp en die konfyt sal dik en taaierig raak. Hou aan om dit oor lae hitte te prut, maar roer dit gereeld en sorg dat dit nie begin karamellis­eer nie. Die konfyt is reg wanneer dit dik en taai is.

Skep die konfyt in gesterilis­eerde flesse en verseël dit. Die konfyt sal vir tot 2 maande in die yskas hou, of anders kan jy die geseëlde flesse in ’n groot kastrol pak, dit met water bedek en vir 20 minute laat kook sodat jy dit vir tot ’n jaar op die spensrak kan bêre.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa