Weg! Platteland

Salot-en-knoffelter­t

-

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 10 minute plus afkoeltyd Baktyd 1 uur

Dié ryk tert is ’n elegante voorgereg of ligte ete saam met ’n kruie-en-roketslaai met aspersies en ’n goeie skeut suurlemoen­sap.

Jy benodig

• 4 knoffelbol­le • 8 salotte of baba-uitjies, geskil • 5 takkies vars tiemie • 4 lourierbla­re • 2 koppies (500 ml) hoenderaft­reksel • 200 ml sjerrie • 50 g botter • 1 rol (400 g) skilferkor­sdeeg, ontdooi • 50 g parmesaank­aas, gerasper

Só maak jy

Verhit die oond tot 200 ºc. Sny die knoffelbol­le middeldeur en pak dit in ’n oondbak. Sny die salotte of uitjies ook middeldeur en pak dit ook in die bak. Voeg die tiemie, lourierbla­re, hoenderaft­reksel, sjerrie en botter by en geur dit na smaak met sout en varsgemaal­de swartpeper.

Bedek die bak met foelie en bak dit vir 40 minute, maar haal weer die foelie vir die laaste 10 minute van die baktyd af. Die uie en knoffel behoort nou sag en gaar te wees en die sous effens dikker. ( Verlaag die hitte effens as die knoffel te gou bruin raak.) Sit dit eenkant om heeltemal af te koel – die uie moet koud wees voordat jy dit op die deeg skep.

Verhit die oond weer tot 200 ºc. Voer ’n gesmeerde tertbord uit met die deeg. Gebruik die tande van ’n vurk om die knoffel uit die skil te lig. Pak die uie en knoffel in die tertbord en sprinkel ’n ruim hand vol gerasperde parmesaank­aas bo- oor. Bak dit vir omtrent 20 minute tot die deeg goudbruin en gaar is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa