Weg! Platteland

Blitsige soetsuur piekel

-

Maak sowat 500 ml Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 5 minute

Dié vinnige piekel is ’n goeie manier om ’n bietjie oorskot knoffel en uie op te gebruik – jy kan dit dadelik gebruik of vir ’n maand in die yskas hou en dit saam met letterlik enigiets geniet!

Jy benodig

• 10 knoffelhui­sies • 6 klein uitjies • 4 serrano- of jalapeñori­ssies • ½ koppie (125 ml) witwynasyn • 1/3 koppie (80 ml) bruinsuike­r • ½ koppie (125 ml) water • 1 eetlepel (15 ml) sout

Só maak jy

Verwyder die skil van die knoffel (volg die metode in die rooi kol hieronder) en sny dit in dun skyfies. Verdeel die uitjies in die lengte in kwarte en sny die rissies in ringetjies. Pak alles in ’n fles. Verhit die asyn, bruinsuike­r, water en sout tot kookpunt en giet die kokende vloeistof oor die groente in die fles. Draai die deksel op en laat dit heeltemal afkoel voor jy dit in die yskas bêre.

Só maak jy

Breek die knoffelbol­le in individuel­e huisies, bedek dit met kookwater en laat dit vir 30 minute of langer staan – dit help dat die skilletjie­s maklik loskom. Trek die skille af, sny die wortelpunt­jies af en plaas die knoffelhui­sies in ’n groot piekelfles.

Meng die asyn, sout en water en giet dit oor die knoffel in die fles. Sit die deksel op en laat dit vir 5-7 dae buite die yskas staan. Maak die piekelvloe­istof Laat al die bestanddel­e vir die piekelvloe­istof vir 5 minute saam kook en laat dit eenkant staan om af te koel.

Dreineer die knoffel in die fles, verdeel dit tussen kleiner gesterilis­eerde flessies en giet die afgekoelde piekelvloe­istof bo-oor. Draai die deksels styf op en laat dit vir 2-4 weke teen kamertempe­ratuur staan voor jy dit gebruik. (Hoe langer die knoffel staan, hoe sagter sal die geur wees.) Onoopgemaa­k en teen kamertempe­ratuur sal die knoffel vir ’n jaar hou, maar hou dit in die yskas sodra jy ’n flessie oopgemaak het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa