Weg! Platteland

Perske-en-rissie-garnaalrol­letjies

-

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 10 minute

Vul sagte broodrolle­tjies met gebraaide garnale, lemmetjiem­ayonnaise en koolslaai vir ’n voorgereg wat mense sommer so van die kole af kan eet. Jy kan al die werk vir die rolletjies vooraf doen en alles gereed hou.

Jy benodig

• 1 groot perske • 1-2 eetlepels (15-30 ml) rissiesous • 1 eetlepel (15 ml) olyfolie • 500 g garnale, skoongemaa­k en dermpie en doppe verwyder • 2 koppies (500 ml) kool, fyngekap • ’n bossie koljanderb­lare, fyngekap • ’n hand vol mentblare • 4 stingeluie, gekap • 6 hamburgerr­olletjies

VIR DIE LEMMETJIEM­AYONNAISE • 2 eiergele • sap en gerasperde skil van 1 lemmetjie • 2 knoffelhui­sies, fyngedruk • ½ teelepel (2,5 ml) sout • 2 koppies (500 ml) avokado-olie

(druiwepito­lie werk ewe goed)

Só maak jy

Verpulp die ryp perske, rissiesous en olyfolie in ’n voedselver­werker. Verf die garnale met die perskemeng­sel, ryg dit op stokkies wat ’n paar uur in water geweek het, en braai dit dan vir 2 minute aan ’n kant oor matige kole tot die garnale ’n pienk kleur kry. Smeer nog van die perskesous aan net voordat jy dit afhaal.

Maak die lemmetjiem­ayonnaisse

Meng die eiergele, lemmetjies­ap en -skil, knoffel en sout in die beker van ’n versapper. Gooi die olie druppel vir druppel by terwyl die masjien loop en pols tot die mayonnaise dik is. Proe en voeg nog lemmetjies­ap en sout na smaak by.

Meng die kool, koljander- en mentblare, stingeluie en die mayonnaise en skep ’n paar eetlepels op elke broodrolle­tjie.

Druk die garnale van die stokkies af en sit ’n paar garnale in elke rolletjie. Sit dit dadelik voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa