Weg! Platteland

Tamatiekon­fyt

-

Maak 750 ml Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 1 uur

Hierdie tamatiekon­fyt is nie baie soet nie en jy kan dit op ’n kaasbord of selfs saam met ’n Sondagskaa­pboud voorsit. Indien verkies, kan jy al die speserye weglaat, óf vervang dit met ’n ander geurmiddel vir elke flessie – probeer ’n slag vars basiliebla­artjies of roosmarynt­akkies.

Jy benodig

• 1 kg ryp tamaties (sien die wenk onderaan) • 2 eetlepels (30 ml) appelasyn • ½ koppie (125 ml) suiker • 1 teelepel (5 ml) growwesout • 1 klein brandrissi­e, pitjies uitgeskraa­p

en fyngekap • 1 kaneelstok­kie • 1 eetlepel (15 ml) fyngeraspe­rde vars gemmer

Só maak jy

Plaas die gesnyde tamaties met al hulle sappe in ’n swaarboomk­astrol saam met die res van die bestanddel­e. Verhit die mengsel tot kookpunt, maar roer dit gereeld sodat dit nie aanbrand nie.

Verlaag die hitte en laat dit liggies prut tot die konfyt begin verdik (30-45 minute). Skep die warm konfyt in gesterilis­eerde flesse. Die konfyt sal vir ’n maand in die yskas hou, of vries dit in geseёlde sakkies en ontdooi dit soos benodig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa