Weg! Platteland

Beesfilet in ’n doek gebraai

-

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 5 minute Gaarmaakty­d 18 minute

Dit klink soos ’n mal plan, maar dis in der waarheid ’n baie ou tegniek wat deur die Colombiane gebruik is om vleis direk op die kole te braai. Dit het onlangs gewild geword toe die Amerikaner Steven Raichlen in sy Planet Barbecue daaroor geskryf het.

Die tegniek is heel eenvoudig – enigiemand kan dit doen. En ek moet bieg: Dis die beste manier wat ek nóg probeer het om ’n beesfilet oor die kole gaar te kry. Buiten nou die dramatiese effek daarvan om die stuk vleis in ’n lap op die kole te gooi, het die vleis ook regdeur dieselfde graad van gaarheid, en dis sappig met ’n tekstuur wat behoorlik smelt in die mond. Dit het ook ’n aangename rokerige geur. Maar die beste van alles vir my is dat dit ’n uitstekend­e manier is om vir ’n klomp mense filet voor te sit – daar’s geen raaiwerk nie en die resep is regtig flatervry. Wag maar vir daai oomblik as jy die verkoolde doek wegsny en die perfekte stuk vleis blootlê!

Die groot geheim? Sorg dat die kole baie warm is, dat die vleis dadelik nadat jy dit in die sout toegedraai het op die kole kom, en dat alles gereed is sodat jy net kan eet wanneer die vleis van die kole af kom.

Jy benodig

• 1 heel beesfilet van omtrent 1,2 kg

(minstens 150 g per persoon) • 1 katoenvado­ek • 1 glas (200 ml) rooiwyn • 3 koppies (750 ml) growwe seesout

of kosjersout • kruie van jou keuse – probeer 5 takkies

roosmaryn, origanum of tiemie • tou van natuurlike vesel • gekapte kruie van jou keuse om

voor te sit

Só maak jy

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa