Weg! Platteland

Tamatiebot­tersous

-

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 5 minute Gaarmaakty­d 20 minute

Hierdie geurige sous smaak lekker by enige braaivleis. Maak dit vooraf, maar sorg dat jy dit lekker warm voorsit.

Jy benodig

• 2 koppies (500 ml) kersietama­ties,

middeldeur gesny • ¼-½ koppie (60-125 ml) botter • 4 knoffelhui­sies, fyngedruk of gerasper • 2 sakkies (25 g) beesvleis-demi-glace

(sien wenk hieronder) • gemaalde swartpeper na smaak • ’n hand vol vars basiliebla­re

Só maak jy

Verhit die tamaties in ’n groot pan saam met 1 eetlepel (15 ml) botter. Die pan moet groot genoeg wees sodat die tamaties in ’n enkellaag lê met spasies tussenin sodat dit braai eerder as kook. (As jou pan te klein is, braai die tamaties in twee sarsies.) Skud die tamaties elke nou en dan rond totdat die skilletjie­s begin krimp en karamellis­eer. Die tamaties moet redelik baie van hulle vog verloor.

Net voordat jy dit voorsit, gooi die res van die botter, die knoffel en demi-glace by en roer dit tot die botter net-net gesmelt het en begin borrel. Geur dit met swartpeper. Roer die basiliebla­re deur en sit dadelik voor terwyl dit nog warm is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa