Weg! Platteland

Perske-tarte tatins

-

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 30 minute

Jy kan hierdie individuel­e poedings vooraf maak, ontvorm, en net vinnig op die opdienbord verhit voor jy dit voorsit. Die basilieroo­mys en perskegeur is ’n heerlike somerkombi­nasie!

Jy benodig

• 4 perskes • ½ koppie (125 ml) heuning • ¼ koppie (60 ml) botter • 2 teelepels (10 ml) vanieljesm­eer

( • 500 g blaardeeg • 1 eier, geklits

Só maak jy

Spuit die holtes van ’n groot muffinpan met ’n kleefweren­de kossproei.

Sny die perskes in skyfies van ½ cm dik. Verhit die heuning, botter en vanieljesm­eer saam. Skep die perskeskyf­ies in die stroop en prut dit vir 5 minute oor lae hitte. Rangskik die perskeskyf­ies in een of twee lae onderin die holtes van die muffinpan en skep 2-3 eetlepels stroop bo-op. Sit dit vir minstens 1 uur in die yskas sodat dit goed koud word.

Verhit die oond tot 180 ºc. Sny die blaardeeg in vierkante wat net-net groter is as die muffinpan se gate. Sit die deegvierka­nte bo-op die vrugte en vou die oorblywend­e punte deeg losweg oor. Verf die deeg met eier en bak dit vir 20-25 minute tot goudbruin en mooi uitgerys.

Die tertjies kan dadelik bedien word. Lig die deeg versigtig met vrugte en al uit die pan en sit dit voor met die vrugte na bo – met ’n skeppie basilieroo­mys bo-op (resep hiernaas). As die deeg en vrugte van mekaar af loskom, dop eenvoudig die deeg om en skep die vrugte en sous met ’n teelepel uit die pan.

Sit dit voor

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa