Weg! Platteland

Basilieroo­mys

-

Maak 1ℓ Bereidings­tyd 30 minute plus afkoeltyd

Omdat dié roomys met jogurt gemaak word, is dit heerlik lig. Die metode is geskoei op ’n resep van Max Falkowitz.

Jy benodig

• 1 groot bossie soet basiliebla­artjies • ½ koppie (125 ml) suiker • ½ teelepel (2,5 ml) gerasperde

lemmetjies­kil • sap van 1 lemmetjie • 2 koppies (500 ml) volroomjog­urt • ’n knippie kosjersout

Só maak jy

Pols die basiliebla­artjies en suiker in ’n voedselver­werker of versapper tot dit goed gemeng is. Roer die mengsel saam met die lemmetjies­kil en -sap asook die sout by die jogurt in totdat die suiker heeltemal opgelos het. Sit die mengsel vir 1 uur in die yskas tot dit yskoud is.

Skep die mengsel in ’n roomysmake­r en laat dit draai tot die roomys dik word. Vries dit dan verder in die vrieskas (ongeveer 3 uur).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa