Weg! Platteland

Gebraaide lamsnek

-

Met die prys van lamstjops wat die hoogte inskiet, kan jy met dié ekonomiese snit steeds jou lamslus blus. Wat ’n fantasties­e ontdekking!

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 15 minute Gaarmaakty­d 2½ uur

Jy benodig

• 2 heel lamsnekke, elk in die lengte

in 2 stukke gesny • Ina Paarman se Roosmaryn & Olyf

geursout • 1 ui, in kwarte gesny • 1 heel knoffelbol, horisontaa­l

middeldeur gesny • 2 takkies vars roosmaryn • 2 koppies (500 ml) water • 2 eetlepels (30 ml) Ina Paarman se

Beesaftrek­selpoeier • Ina Paarman se BBQ Marinade • geroosterd­e suurlemoen­wiggies en

vars roosmaryn vir garnering

Só maak jy

Doen die volgende verkieslik die dag vooraf: Sit die oondrak een gleuf onder die middel en verhit die oond tot 160 ºc. Geur die vleis liggies met Roosmaryn & Olyf- geursout en pak dit in ’n ovaal kasserolba­k met ’n deksel. Voeg die ui, knoffel, roosmaryn, water en aftrekselp­oeier by. Sit dit in die oond en rooster die vleis vir 2 uur tot doeksag. Haal dit uit die oond en laat die vleis in die aftreksel afkoel. Skep die nekke uit en sit hulle in ’n Ziploc-sakkie (behou die aftreksel – sien “Ina sê” hierbo). Bedek die vleis oraloor met BBQ Marinade, verseël die sakkie en laat dit vir minstens 2 uur marineer.

Maak ’n vuur met matige kole, haal die nekke uit die sakkie en braai dit stadig – draai dit gereeld om en verf van die vars Marinade aan. Die vleis is reg as dit goubruin en bros buiteom is.

Sit dit voor met piekelgroe­nte, gekaramell­iseerde uie en/of botterskor­sie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa