BESONDERHEDE
Hoe lank is die toer? 11 dae, 10 nagte. Wanneer? 2-12 April; 30 Junie tot 10 Julie; 4-14 Augustus; 10-12 Oktober. Waarvandaan vertrek die toer? Lethlakane, net suid van die Makgadikgadipanne in Botswana. Wat moet ek bring? • Jou eie voertuig en brandstof • ’n Matras of kampbed, beddegoed
en kampstoele • Drankies en snoepgoed • Mediese versekering, ook dekking
vir noodontruimings • Grenstariewe en padbelasting (Bhejane verskaf alle tente, tafels en eetgerei) Waar slaap jy? Tentverblyf, maar jy hoef nooit self kamp te maak nie; Bhejane se logistieke span doen dit. En kos? Bhejane se ervare bossjef berei drie smaaklike etes per dag. Hoeveel kos dit? R13 250 p.p. (halfprys vir kinders o.10). Die toerprys sluit in: • Drie etes per dag • Alle kamp- en parkgeld • Tweerigtingradio’s • Tente en spysenierstoerusting • ’n Professionele toerleier en ook
’n ervare veldgids