Weg! Platteland

Hartbeespo­ort, 32 jaar terug

-

Hier op die plaas Toehill was dit tyd om ons geliefde hoenders vir Kersfees te bederf. Ons wou hulle beloon vir al die heerlike eiers wat hulle vir ons lê. Ons het hulle hok versier, hulle Kerskouse gevul met blikkies vars wurms uit ons wurmplaas, en my kleinseun Travis Dunshea het my gehelp om op Kersoggend vir hulle ’n feesmaal van varsgekook­te Taystee Wheat voor te sit. Julle artikel oor Hartbeespo­ort in

#13 (Somer 2016-’17) het my teruggevoe­r na ’n tyd 32 jaar gelede toe my ouers gewoon het op ’n plot bo die spooroorga­ng aan die Broederstr­oomkant van die berge wat oor die dam uitkyk. My oom, wat die plot besit het, het by Pelindaba gewerk.

Die slaghuis op Broederstr­oom het die beste boerewors gehad, en ek onthou nog die tamaties op die plaas wat aan die rivier grens. Julle het soveel herinnerin­ge teruggebri­ng, en vandag is al daardie mense dood. (Ons stop steeds by Tan’ Malie as ons in die omtrek is.)

 ??  ?? Jenny Dunshea, Schagen, MPUMALANGA
Jenny Dunshea, Schagen, MPUMALANGA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa