Weg! Platteland

Julle wys dinge soos dit is

-

Ons skryf om julle geluk te wens met ’n werklik uitstekend­e tydskrif.

Ons het pas teruggekee­r Brittanje toe ná ’n vakansie van drie weke by vriende van ons net noord van Plettenber­gbaai. Hulle is heuningpro­dusente wat in De Vlugt woon, ’n klein dorpie wat bestaan uit ’n twaalf stuks plasies op die R339 in die middel van die Prins Alfredpas, halfpad tussen die kus en Uniondale.

Op die bedkassie in die gastekamer was ’n eksemplaar van

#13 (Somer 2016’17), wat ons van voor tot agter deurgelees het. Toe ontdek ons ’n stapel met drie jaar se ou eksemplare, en dié tydskrifte was die hele vakansie vir ons inspireren­de leesstof.

Ons hou veral van die “Dorpe, mense, diere & dinge”artikels en van julle “geennonsen­sverteldit­soosditis”styl van verslaggew­ing – die verhaal van al die mense en hulle stryd om oorlewing is vir ons omtrent net so vreesaanja­end en roerend as wat dit interessan­t is. Veral die entreprene­urstories is inspireren­d, en ons sou graag na Suidafrika wou verhuis en die voorbeeld van baie van hulle volg.

Ons het die nuttige artikels oor hoe om groente te kweek geweldig geniet en voel nou sommer lus om ons eie groentetui­ntjie hier te begin, al het ons ’n heel ander klimaat!

Die selfdoenar­tikels is lekker prakties en duidelik uiteengesi­t met baie detail, maar ons vermoed die gemiddelde leser gaan omtrent vier keer langer vat om dit te maak as wat julle sê!

Gaan voort met die goeie werk en moet asseblief nie die formaat verander nie – ons is gaande daaroor net soos dit nou is!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa