Weg! Platteland

Geduld, geduld, geduld…

-

Niemand kan sê hoe lank dit neem om ’n wilde kat mak te maak nie. Volgens die diere gedrag s konsultant Linda van der Poel kan dit maande of selfs jare neem. “Die kans is baie goed dat jy so ’n kat glad nie gaan mak kry nie,” waarsku sy.

Man dy Store, bedryfsbes­tuurder van Tears Animal Rescue in Kaapstad, sê sowat 70% van wilde katte kom uit huise, en sowat 30% is al vir etlike geslagte wild. “Dié katte sal kos by ’n mens aanvaar, maar in geen omstandigh­ede jou vriend word nie, en gewoonlik ook nie mak nie. ’n Derdegesla­g- wilde kat sal so ver as moontlik van die voerder af wegbly, terwyl dié wat uit huise kom, nader kom.”

Linda het vir Blaze, ’n wilde babakatjie, uit ’n rioolpyp gered en 13 jaar lank met haar saamgeleef. Maar sy het nooit mak geword nie. Sy deel dié wenke: 1 Geduld, billike verwagting­e en begrip is nodig. Die onbekende reuke en geluide van ’n gewone huishoudin­g – soos ’n mikrogolfo­ond, selfoon, televisie, grassnyer en stofsuier – maak ’n wilde kat gespanne.

2

Hou die kat in ’n klein, veilige, stil ruimte. Maak seker daar is veilige wegkruippl­ekke soos ’n halfoop kas, ’n boks of ’n katnessie.

3

Los die kat uit en gun hom tyd om jou te vertrou. Moenie hom uit sy veilige plek probeer dwing nie.

4

Maak seker elke ontmoeting is aangenaam deur ’n lekkerny byderhand te hê as jy instap. As die kat nie hierop reageer nie, los hom uit. Jy kan ook kattekruid of ’n feromoonsp­roei probeer.

5

Kyk uit vir tekens van ontspannin­g, soos as die kat rustig eet of hom was. As hy met halftoe oë vir jou kyk, kan jy versigtig ’n bietjie nader beweeg.

6

Kry ’n speelding wat aan ’n stokkie en ’n toutjie hang. As dit die kat se belangstel­ling prikkel, is hy besig om goed aan te pas.

Annette Lemmer (foto links, met Ziggy) van Port Elizabeth vertel dit het ’n volle jaar geneem voor haar Ziggy en Emi mak was. “Ek het elke aand op my maag gelê en hulle kos effens nader aan my geskuif – tot ek aan hulle kon vat.”

Vir Lauren Moore van Plumstead, Kaapstad, was Zoggy en Twakkie (foto onder) ook harde werk. “Zoggy het geweier om uit sy boksie te kom as ons regop staan. Ek het ’n paar nagte op die vloer saam met hom geslaap, en ná ’n maand kon ek aan hom raak. Twakkie, die ander wilde kat wat ek aangeneem het, het weer weke lank in die badkamer weggekruip, en vir hom het ek in die bad gelê en lees.”

In Sydney, Australië, het Sonja Cronjé haar Charlie (foto bo) ses weke in die motorhuis laat bly omdat sy haar ander katte wou beskerm. “Ek het verlof geneem en vir my ’n kampbed daar opgeslaan. Geduld en gereelde aandag is nodig. Jy kan dit nie aanjaag nie,” sê sy.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa