Weg! Platteland

DIE TUIN AS ENSIKLOPED­IE

-

‘E k boer die afgelope 44 jaar al op Verrekyker, ons familie se peerplaas buite Wolseley in die Breërivier­vallei, en net so lank al maak ek tuin. Dis my ma wat my lief gemaak het vir plante – ook my oupa was mal oor tuinmaak.

“Winter is ’n wonderlike seisoen in ons tuin: Die Japanse ahorn spog vir oulaas met sy besonderse oranje, geel en rooi blare, en vroeg in Junie begin die meer as 40 aalwynspes­ies wat ons oor die jare geplant het, die tuin opvrolik. Ons eet ook te lekker aan ons eie avokado’s.

“Nes dit voel of die winter te lank raak, begin die clivias blom wat ek al 20 jaar versamel en waarvan daar duisende is. Dit is nie van die duurste of ghrênd soort nie, maar hulle kom van oraloor – Pietermari­tzburg, Pretoria en George. In dié tyd kleur die peerboom bloeisels die wêreld spierwit.

“Ek koop graag interessan­te plante, en dan besluit my vrou, Elizabeth, waar in die tuin ons dit gaan plant. Só het ons al vir meer as 15 soorte broodbome, 4 soorte kraanvoëlb­lomme, pragtige Natalse boskiepers­olle, swartbambo­es en ginkgo biloba plek gemaak in ons tuin. Ek gaan ook elke jaar na die verkoping van skaars plante op Stellenbos­ch – dis ’n fees vir plantliefh­ebbers.

“My skoondogte­r Suné is lief vir kosmaak en daarom het ons nou ’n groentetui­n met beet, wortels, ertjies, spinasie, radyse, artisjokke en bloubessie­s vir die snaaksighe­id.

“Ek het ’n sagte plek vir bome en het reeds meer as 160 verskillen­de spesies geplant, waaronder mango, lietsjie, macadamiae­n koejawelbo­me. Ons tuin is 2 ha groot, maar dit het te klein geraak vir alles wat ek wou plant. Nou het ek begin om bome in die berg agter ons huis te plant. Ek hou van inheemse en uitheemse bome, maar aan die voet van die berg plant ek net inheems – van witels, rooiels, sybas, assegaaiho­ut en Natalse ghwarrie tot witpeer, wildepersk­e, witstinkho­ut en ’n vaderlands­wilg. En natuurlik al die geelhoute –hen k else geelhout, die breërivier geelhout en die ou ten i qua geelhout.

“My tweejarige kleinseun, Andreas, ken al ’n klomp voëls en ek begin nou vir hom boomname leer. As jy vandag ’n boom plant en môre sterf, kan geslagte ná jou nog die boom geniet. Boonop is elke boom werklik uniek.” Fanie Redelinghu­ys, Wolseley >

 ??  ??
 ??  ?? Fanie en sy kleinseun Andreas.
Fanie en sy kleinseun Andreas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa