Weg! Platteland

Groot bome vir Afrika!

By Trees SA se grootboomk­wekery tussen Stellenbos­ch en Somerset-wes wag meer as honderd verskillen­de boomspesie­s – die een so onweerstaa­nbaar soos die ander, en party sowaar 15 m hoog!

-

‘Ons hou meer as 100 verskillen­de spesies bome aan,” vertel Dag Willems, die eienaar. “En nie net die gewilde spesies nie – daarvoor is ek eenvoudig te lief vir bome. Ek kan nou maar eenmaal nie ’n mooi boom weerstaan nie.”

Dag het tot in 1999 as streekbest­uurder: inheemse woude by die Weskaapse departemen­t van bosbou gewerk en toe die gedagte gekry om sy eie boomondern­eming te begin. In 2004 het hy besluit om nét op die kweek, “redding” en verskuiwin­g van groot bome te fokus.

“In daardie stadium was daar nog nie so ’n profession­ele diens in Suidafrika nie. Daar was wel ’n paar cowboys wat bome verskuif het, maar die manier waarop hulle dit gedoen het, het die besigheid ’n slegte naam gegee. Dit het tyd geneem om dié beeld te herstel.”

In 2003 het Dag kwekerye in Europa besoek om idees te kry, en ná sy terugkeer die eerste bome in groot suikersakk­e geplant. Hy moes ook inspring om baie van die boomskuift­oerusting self te ontwerp en te laat maak. ’n Bietjie meer as 12 jaar later het Trees SA vyf kwekerye met ongeveer 60 000 groot bome in voorraad.

Die kleinste bome wat jy by Trees SA kan koop, kom in 250 ℓsakke. Dit neem vyf sterk mans om sulke bome met die hand te verskuif. Vir die ander groottes

(tot en met die 4 500 ℓ-sakke) is spesiale toerusting nodig. “Ons het ’n 95%suksessyfe­r as dit by verplantin­g kom – sukses beteken nie die verplante boom moet ’n paar groen blare hê nie. Vir my is sukses ’n boom met ’n volkroon wat onafhankli­k kan funksionee­r.”

Dag skryf hulle sukses toe aan die feit dat Trees SA sy eie toerusting, hyskraanlo­rries, installasi­espan en nasorgdien­s het. “Vir ons span lê die bevredigin­g in die installasi­e van die boom. Iemand ry nie net hier uit met ’n boom agterop sy bakkie en ons sien hom nooit weer nie. Min dinge is so lekker as om te sien hoe ’n groot boom ’n doodgewone tuin in ’n karaktervo­lle tuiste omskep.”

‘ ’ n Mens stap nie sommer een- twee- drie deur die Trees SA se grootboomk­wekery en kies in ’ n japtrap vir jou ’ n boom nie. Hier is rye en rye en rye tamaai bome, die een so besonders soos die ander, met ’ n eiesoortig­e kroon of blaar of bas.’

 ??  ?? Dag Willems word verdwerg deur die koorsbome in sy Stellenbos­se kwekery. BO Dit verg tot vyf mans en spesiale hysen ander toerusting om groot bome soos diete verskuif.
Dag Willems word verdwerg deur die koorsbome in sy Stellenbos­se kwekery. BO Dit verg tot vyf mans en spesiale hysen ander toerusting om groot bome soos diete verskuif.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa