Weg! Platteland

Só kies jy ‘groeiende kapitaal’

-

As jy ’n boom vir jou tuin kies, moet jy die tipe grond, die windrigtin­g en die mikroklima­at in gedagte hou, sê Dag. Ewe belangrik is om jou af te vra wat die boom vir jou moet doen: Wil jy die boom vir privaathei­d plant, dalk vir skaduwee, of wil jy hê jou kinders moet daaronder speel?

“Gevestigde bome voeg ongeloofli­k baie waarde toe tot ’n huis. Jy koop eintlik mos maar tyd as jy belê in ’n groot boom – in der waarheid is dit groeiende kapitaal.”

As jy self ’n boom wil verskuif, is die belangriks­te om te sorg dat die wortelbol so min as moontlik versteur word vandat jy die boom uithaal tot jy hom weer geplant het, en om te sorg dat hy behoorlik water kry tot hy weer op sy eie kan aangaan. Vir groot bome kan dit tot vyf jaar neem.

“Koraal-, wildepruim en witstinkho­ute verskuif maklik, maar koorsbome en silwerberk­e hou glad nie daarvan om rondgekarw­ei te word nie,” is Dag se raad.

Die oudste boom wat Trees SA al “gered” en suksesvol hervestig het, is ’n Kalifornie­se rooihout van byna 80 jaar oud. In September verlede jaar het hulle 53 bome wat gemiddeld 7m hoog was (met ’n kroon van 3m elk) na Dubai verskeep. Dag sê hulle moes sowaar ook al dieselfde boom vier keer verskuif!

Dag se gunsteling­boom is die 30 jaar oue moerassipr­es wat 15m hoog was en 8 t geweeg het wat hulle op die wynplaas Tokara geplant het. “Dit was vir my besonders watter bydrae die boom onmiddelli­k tot die atmosfeer gemaak het. Niks is so mooi soos die regte boom op die regte plek nie.”

En dan is daar die 60 jaar oue witstinkho­ut wat hulle onlangs vir R120 000 verkoop het. “Sy stam is uniek,” sê Dag, “en dit was moeilik om my te oorreed om hom te verkoop.”

Dag sê hy het vandat hy kan onthou, ’n liefde vir bome. “Wat my die trotsste maak, is dat ons van bome goeie reisigers gemaak het.” >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa