Weg! Platteland

Immergroen en ‘geaard’

Dave Pepler, aanbieder van die omgewingsp­rogram op kyknet en deesdae ook natuurtoer­leier, meen jou eie tuin kan net so ’n opwindende plek wees om jou aan Moeder Natuur te verwonder.

-

Dave het ’n besonderse slag om koerant- en tydskrifle­sers, radioluist­eraars en televisiek­ykers die natuur sáám met hom te laat beleef. Dié omgewingsk­enner en soöloog is medestigte­r van die Academy of Environmen­tal Leadership SA (AEL) by Uizip op die oewer van die Oranjerivi­er buite Upington en het in 2016 ook natuurtoer­e na Rwanda, Marokko, Ysland en Borneo aangebied.

Waarom is winter vir jou besonders?

Dit gaan oor die afwagting. Die wete dat die natuur slaap en dat dit nou tyd is om die grond én myself voor te berei op die lente. Ek maak grondkombe­rse, werk kompos in die grond en snoei bome en struike om nuwe groei te stimuleer. Dieselfde gebeur in die natuur, waar olifante bome se takke afbreek en só van die dooie hout ontslae raak en vars groei aanwakker. Winterwerk en snoei is ’n liefdesdaa­d aan jou tuin vir die lente.

Wat is jou benadering tot tuinmaak? Moet dit funksionee­l, mooi of goed vir jou siel wees?

Ek huur al dekades lank ’n kothuis buite Stellenbos­ch. Deur die jare het ek ’n tuin gevestig wat my groot belangstel­ling – reuk – stimuleer. Amper heeljaar blom iets in my tuin wat lekker ruik. Jasmyn, maanblomme, heliotrope, soetemalin­gs – dít alles het ek knap teen die huis geplant sodat die geure op ’n mooi aand deur die huis kan trek. Ek het selfs ’n koningin van die nag ( Cestrum nocturnum) uit die Himalajas saamgebrin­g met ’n reuk wat snags oorweldige­nd is.

Wintermaan­de ruik my tuin na goeie kompos en grond, soos die ondertone van ’n goeie pinot noir. Op ’n stil aand, nadat ek die vuur aangesteek het in my stofie met die glasvenste­r, sal ek buitentoe hardloop net om te sien hoe die eerste rook uit die skoorsteen in die lug opdwarrel. En dan ruik ek die klam rook van die wintervuur. Dit is die groot reuke van die natuur wat ’n mens geaard laat voel.

Wat is jou gunsteling­groente en/of -vrugte om self te kweek?

Ek is gereeld weg van die huis af en kan daarom nie iets soos groenboont­jies plant nie. In my tuin is twee fabelagtig­e adamsvye, albei van die ou soort. Een vy lê mos sommer jou hele hand vol. ’n Koue vy bedruip met dun dragongege­urde room moet een van die volledigst­e etes op

aarde wees. Ek moet vroeg soggens, voor die meelogies wat nét so lief is vir die vye, opstaan om dit te pluk.

Jy skryf eerstens as ’n natuurkund­ige en dan as ’n voëlkundig­e. Watter tuinvoël is jou gunsteling?

Ek is gaande oor suidelike swies ( Coc

copygia melanotis), sulke piepklein hoppende helderoog-juweeltjie­s wat soos saadjies in en uit die tuin waai, maar jy moet die dêm goedjies vang om regtig te sien hoe mooi hulle is.

Ek is ’n groot voorstande­r van ’n voëlbad en -voerder in die tuin. Om die gewone te bekyk is deel van die ritueel om geaard te word, en om ’n duif of mossie in jou tuin dop te hou kan net soveel plesier verskaf as om in Rwanda gorillas te kyk. Ek sou nie sê ’n slak het persoonlik­heid nie, maar voëls is eiesoortig. Hier is ’n janfrederi­k in my tuin wat elke dag die boeke in my huis beskyt. Voëls is ’n gratis skakel na die natuur.

Jy is gaande oor die Universite­it van Stellenbos­ch se botaniese tuin, wat ook die oudste van sy soort in Suid-afrika is.

Ek kan nie genoeg beklemtoon dat dié wêreldklas tuin een van Stellenbos­ch se die mees onbenutte sierade is nie. Die vetplantve­rsameling uit die Richtersve­ld wat Hans Herre in die jare dertig begin het, is werklik besonders. Hier kan jy ’n victoriale­lie in die aand voor jou oë sien blom terwyl hy sy hemelse geur vrystel en die waterlelie­damme hier is vir my mooier as dié van die Alhambrapa­leis in Granada, Spanje. In die herfsmaand­e blom veral die amasonelel­ies verruklik en in die somer is dit weer die beurt van die heilige lotus.

Waar kom jou liefde vir plante vandaan?

My ouma én my ma, Maggie, was verbete tuinmakers. Daar was altyd groente wat ingemaak moes word. Of oorskot wat aangedra moes word na die bure toe. In klein dorpies was groentetui­n maak deel van jou bestaan. Almal het vleistamat­ies gekweek. My oupa het eendag met ’n vaal kring om die mond by die huis gekom nadat hy vir sy weeklikse haarsny met die fiets Robertson toe gery het. Hy het gesien hoe wortels geweeg en verkóóp word op die dorp. Hoekom sou jy so iets doen, wou hy weet.

Om tuin te maak, saad te versamel en plantjies uit te ruil is die goeie vesels wat ’n gemeenskap bymekaar hou. Met tuindienst­e wat deesdae so baie mense se tuine onderhou, het iets soos fyntuin of lekkerruik­blomme langs ’n tuinpaadji­e verdwyn. Almal se tuine lyk dieselfde.

Dink jy tuiniers kan help met bewaring?

Elke goeie klein tuin is ’n eiland van biodiversi­teit. As genoeg sulke eilande geskep word, begin hulle aan mekaar raak – selfs in die mees ontwikkeld­e gebiede. As genoeg mense tuinmaak, vorm dit uiteraard ’n netwerk.

Die grootste maatskapli­ke probleme van ons tyd hou verband met die feit dat ons nie geaard is nie. Tuinmaak, al is dit in ’n potjie, bring jou terug na die aarde.

afel.co.za

 ??  ?? TUINDAGBOE­K Die leliedamme in die US se botaniese tuin is een van Dave se gunsteling­plekke, veral in Maart, wanneer die Victoria-waterlelie ( Victoria cruziana) met sy reusagtige blare snags blom.
TUINDAGBOE­K Die leliedamme in die US se botaniese tuin is een van Dave se gunsteling­plekke, veral in Maart, wanneer die Victoria-waterlelie ( Victoria cruziana) met sy reusagtige blare snags blom.
 ??  ?? Soos tertpanne lê die Victoria-waterlelie se blare op die water in die botaniese tuin van die Universite­it van Stellenbos­ch.
Soos tertpanne lê die Victoria-waterlelie se blare op die water in die botaniese tuin van die Universite­it van Stellenbos­ch.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa