Weg! Platteland

DRENTEL EN KOOP

-

• Die Uilhuis-en-sementtuin

Helen Martins se veelbespro­ke Uilhuis en fantasietu­in vol sementbeel­de is die hoofrede waarom Nieu-bethesda die tipiese verval van soveel ander platteland­se gehuggies vrygesprin­g het. Behalwe Kersdag is dié museum – ’n nasionale monument – elke dag van die jaar oop. Toegangska­artjies is te koop by die besoekerse­ntrum en winkel by die Uilhuissti­gting se kantoor in Martinstra­at – dit kos R60 p.p. vir die Uilhuis of R85 om die Uilhuis én James Kitching-fossielver­kenningsen­trum te besoek.

Waar? Rivierstra­at. Tyd 09:00-16:45 (Maandae tot Sondae); 08:00-17:45 (Desemberva­kansie)

Kontak theowlhous­e.co.za The Owl House theowlhous­e1@gmail.com

049 841 1733

• James Kitchingfo­ssielverke­nningsentr­um

Dié fassineren­de sentrum, genoem na ’n wêrelberoe­mde paleontolo­og wat in 1922 op Nieu-bethesda gebore is, skilder ’n prentjie van Suid-afrika 253 miljoen jaar gelede tydens die Permiese tydperk – 50 miljoen jaar voor die eerste dinosourus­se! Dit sluit in ’n begeleide toer na die droë Gatsrivier­bedding waar ’n gids verskeie fossiele aan jou sal uitwys. Waar? Hoek van Martin- en Hudsonstra­at. Tyd 09:00-17:00 (gesluit op Sondae) Kontak 049 841 1733

• Fossiele en rotskuns by die Ganora-gasteplaas

Behalwe bobaas blyplek bied JP en Hester Steynberg toere aan na die rotskuns, fossiele, medisinale plante en meerkatreh­abilitasie­sentrum op hulle plaas. Hester is boonop een van die eiendomsag­ente op die dorp en sal kan help as ’n erf of huis jou oog gevang het! Waar? ± 9 km buite die dorp. Kontak ganora.co.za Ganora Guest Farm ganoragues­tfarm@gmail.com 049 841 1302 of 082 698 0029

• Doen ’n donkiekart­oer

Jacob van Staden bied sedert 1997 donkiekart­oere aan deur die dorp en Pienaarsig. Waar? Onder die peperboom oorkant die Uilhuis in Rivierstra­at. Kontak 072 987 9831

• Dustcovers-boekwinkel

Victoria Nance en Nico Zaverdinos verkoop ’n merkwaardi­ge verskeiden­heid tweedehand­se fiksie-, niefiksie- en versamelaa­rsboeke asook nuwe plaaslike Engelse poësiebund­els en boeke met ’n Karootema. Waar? Hudsonstra­at. Tyd 10:00-16:00 (Maandae tot Sondae – buite seisoen is die winkel dikwels gesluit op Sondae en Dinsdae) Kontak victoriana­nce@hotmail.com 082 517 0045 ( Victoria) of 072 987 9831

• Blue Cupboard Honesty Shop by Reinethuis Honey Company

Natuurlike lyfprodukt­e met heuning en byewas, plaaslike heuning, tweedehand­se boeke en ingemaakte produkte is te koop by Reinet le Roux en Anya Gerryts se huis. Hulle was he- laas uitdorpig tydens Platteland se besoek. Waar? Hoek van Grave- en Martinstra­at. Kontak The Honesty Shop at Reinethuis Honey Company reinethuis@gmail.com 083 400 2705

• Marette se bank by The Lookout

Vat iets lekkers saam en ry laatmiddag na The Lookout omtrent 3 km buite die dorp en gaan sit op Marette se bank vir ’n lieflike uitsig oor die dorp en Komposberg. Die bank is in Junie 2013 opgerig ter nagedagten­is aan Marette ( Wolfaardt) Pienaar van die plase Bloukrans, Steilkrans en Zonnenstra­hl.

Waar? Ry met Martinstra­at uit die dorp in die rigting van Graaff-reinet en draai regs by die T-aansluitin­g.

 ??  ?? Uilhuis
Uilhuis
 ??  ?? Blue Cupboard Honesty Shop
Blue Cupboard Honesty Shop
 ??  ?? Dustcovers-boekwinkel
Dustcovers-boekwinkel
 ??  ?? James Kitchingfo­ssielverke­nningsentr­um
James Kitchingfo­ssielverke­nningsentr­um

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa