Weg! Platteland

Gebakte witlof met parmaham

-

Dié heerlike hoofgereg is die tradisione­le Belgiese manier om witlof voor te sit. Ons resep is geïnspiree­r deur die witlof au gratin wat die sjef Doekle Vlietman by die Den Anker-restaurant in die Kaapse Waterfront voorsit.

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 40 minute

Jy benodig

• 6 witlofkopp­e • 3 eetlepels (45 ml) seesout • ¼ koppie (60 ml) botter • ¼ koppie (60 ml) meel • 2½ koppies (625 ml) volroommel­k • ¼ koppie (60 ml) heelkorrel­mosterd • ’n knypie neutmuskaa­t • 300 g gruyèrekaa­s • 6 velletjies parmaham, prosciutto of varkspek

Só maak jy

Sit die witlofkopp­e net so heel in ’n groot kastrol, vul die kastrol met water, voeg die sout by en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat die witlof vir omtrent ’n halfuur prut totdat ’n mes maklik inglip as jy dit insteek .

Terwyl die witlof prut, maak solank die witsous: Smelt die botter in ’n kastrol, roer die meel by en klits dan 1 koppie van die melk bietjies-bietjies by terwyl jy dit heeltyd oor lae hitte roer tot die mengsel glad en sonder klonte is. Roer die res van die melk, mosterd en neutmuskaa­t na smaak by en verhit dit tot kookpunt – roer die sous gereeld sodat dit nie aanbrand nie. Verlaag die hitte en laat dit vir 5 minute prut tot dit verdik. (Die sous moet dikker wees as gewone witsous, maar as dit té dik raak, kan jy dit effens verdun met ’n ekstra halwe koppie melk.) Haal die kastrol van die plaat af en roer driekwart van die kaas by tot dit smelt. Geur dit na smaak met sout en varsgemaal­de swartpeper.

Dreineer die witlof en druk dit met kombuispap­ier droog. Verhit die oond tot 210 ºc. Skep driekwart van die kaassous in ’n vlak bak of verdeel dit tussen 6 diep oondvaste opdienbord­e. Rol elke witlof toe in ’n vel parmaham en pak dit op die witsous. Skep die res van die witsous bo-oor, sprinkel die res van die kaas oor en bak dit vir 15 minute tot die witlof deurwarm is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa