Weg! Platteland

Witlofsop met oop kaasbroodj­ies

-

Hierdie grootmenss­op is wintertroo­skos op sy beste, maar ook indrukwekk­end genoeg om vir gaste voor te sit. As jy wil, kan jy dit verder opkikker met van jou gunsteling­kaas en ham of spek.

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 20 minute Gaarmaakty­d 30 minute

Jy benodig

VIR DIE SOP • 30 g botter • 4 salotte, gekap • 30 g meel • 2 koppies (500 ml) hoenderaft­reksel • 3 witlofkopp­e • 1 klein blomkoolko­p • 2 knoffelhui­sies, fyngedruk • 300 ml melk • 100 g emmentaler­kaas, gerasper

VIR DIE OOP KAASBROODJ­IES • botter • 6 snye suurdeegbr­ood

(of meer, indien verkies) • heelkorrel­mosterd • emmentaler­kaas • vars origanumbl­aartjies

Só maak jy

Verhit die roosterele­ment van die oond. Smelt die botter in ’n kastrol en roerbraai dan die salotte stadig tot dit sag en gekaramell­iseer is. Sprinkel die meel oor en roerbraai dit vir ’n minuut. Begin dan die aftreksel bietjies-bietjies byvoeg en roer tot dit begin verdik. Kap die witlof en blomkool in stukkies en voeg dit saam met die knoffel by die kastrol. Laat dit prut tot die blomkool sag is – dit sal omtrent 15 minute neem.

Maak intussen die kaasbroodj­ies Smeer ’n dik laag botter op die broodsnye, gevolg deur ’n laag mosterd, emmentaler­kaas en vars origanumbl­aartjies. Rooster dit onder die warm element.

Kyk hoe vorder die sop As die blomkool sag is, gebruik ’n staafmenge­r om die sop fyn en glad te kry. Roer die melk by en verhit dit tot kookpunt.

Roer die kaas deur tot dit gesmelt is, proe en geur dit na smaak met sout en varsgemaal­de swartpeper. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa