Weg! Platteland

Patatbrood­vingers met gebakte camembert

-

Ek het patat gevoeg by dié broodrolle­tjies wat my ma in botter bak. Dit het amper dieselfde tekstuur as skons en is heerlik saam met die botter en olywe. Jy kan dit ook saam met sop of patee voorsit – óf gewoon as brood saam met die hoofmaal.

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 30 minute Baktyd 20 minute

Jy benodig

VIR DIE BROODVINGE­RS • 350 g patat met skil

(± 2 middelslag-patats) • 125 g botter, in stukke gesny • 200 g koekmeel • 2 teelepels (10 ml) bakpoeier • ’n knippie paprika • ’n knippie rooipeper • 160 ml karringmel­k of jogurt • 1 teelepel (5 ml) fyngekapte vars roos

marynblaar­tjies plus ’n paar ektra takkies • 5 swart olywe, fyngekap

OM VOOR TE SIT • 1 heel camembert • 2 koppies caponata (in Platteland #5, die Somer 2014-’15-uitgawe, is daar ’n resep) of enige ander sous van jou keuse, soos pesto of hummus

Só maak jy

Verhit die oond tot 240 ºc. Bak die patat tot dit gaar is – dit sal afhang van die grootte, maar jy kan ná 30 minute begin toets. Laat die patats afkoel tot jy dit kan hanteer, trek die skil af, druk dit fyn met ’n vurk en sit dit eenkant om heeltemal af te koel. Sit die stukke botter in ’n oondbak van 20 x 30 cm en druk dit vir ’n paar minute in die warm oond om te smelt. Haal die bak uit die oond sodra die botter gesmelt het.

Meng die meel, bakpoeier, speserye en ’n stewige knypie sout in ’n bak saam. Roer die karringmel­k, fyn patat, roosmaryn en olywe by tot die mengsel ’n sagte deeg vorm. Werk vinnig en hou dadelik op roer sodra alles deurgemeng is.

Sprinkel meel op ’n werkopperv­lak (’n broodplank werk goed). Keer die deeg daarop uit en werk liggies met meelbe strooide hande om die deeg in ’n reghoek so lank soos die oondbak te vorm. Verdeel die deeg in die helfte, druk dit effens platter en sny elke stuk in 4 lang repe.

Rol elke deegreep van die broodplank af in die gesmelte botter en rol dit sodat dit oraloor met botter bedek is. Herhaal die proses tot al die broodvinge­rs in die botter is. Sprinkel die ekstra takkies roos maryn oor. Verlaag die oondtemper­atuur tot 200 ºc en sit die bak op die onderste oondrak. Haal dit ná 15 minute uit, draai die broodvinge­rs om en bak dit vir nog 5 minute.

Pak die heel camembert op ’n bakplaat en sit dit vir omtrent 15 minute in die oond. Sit die gebakte kaas dadelik voor saam met die broodvinge­rs en die caponata. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa