Weg! Platteland

Varkvleis gebak in karringmel­k en sitrus

-

Die Italianers maak hierdie tradisione­le gereg met melk, maar ek hou van die geur wat die karringmel­k daaraan gee. Die ekstra moeite om die vleis aan die einde te verbruin en die sous fyn te maak is ook nie tradisione­el nie, maar sorg dat die kos net so mooi lyk as wat dit smaak. Jy kan alles die dag voor die tyd doen en dit net opwarm en die vleis onder die roosterele­ment verbruin wanneer die gaste gereed is om aan te sit.

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 5 minute Gaarmaakty­d 3 minute

Jy benodig

• 1 ontbeende varkboud, -blad of

-lendestuk van 1,5 kg • 400 g baba-rooiuitjie­s, geskil ( jy kan ook

salotte of piekeluitj­ies gebruik) • 10 vars salieblare • 2 koppies (500 ml) karringmel­k of jogurt • 2 koppies (500 ml) melk • 1 blokkie vleisaftre­ksel • 2 nartjies of 1 lemoen • 4 heel knoffelhui­sies • 1 teelepel (5 ml) sout • ½ teelepel (2,5 ml) varsgemaal­de

swartpeper • ’n bietjie room of botter om die sous

te verryk (opsioneel) • ekstra salieblare en botter

vir garnering (opsioneel)

Só maak jy

Verhit die oond tot 150 ºc. Sny die varkvleis se vel af, maar behou die vet. Verhit ’n groot swaarboomk­astrol op die stoofplaat en sit die vark met die vetkant na onder daarin. Braai dit sodat van die vet kan uitbraai voordat jy die vleis oraloor verbruin – dit sal 5-10 minute neem. Lig die vleis uit die kastrol, sit die uitjies en salie daarin en soteer dit vir 5 minute in die uitgebraai­de vet. Skep die uitjies met ’n gaatjiesle­pel uit en gooi die vet af.

Skep die uitjies en varkvleis, dié slag met die vetlaag na bo, terug in die kastrol. Gooi die karringmel­k of jogurt, melk, aftreksel, die sap en skil van 1 nartjie (of ’n halwe lemoen), die knoffel en sout en peper om die vleis.

Sit die deksel op en bak dit vir 2-3 uur in die oond. Skep die vleis, sitrusskil en salieblare uit die kastrol. Gebruik ’n staafmenge­r en pols die ui en pansappe tot ’n dik, romerige sous. Rasper die orige nartjie (of halwe lemoen) se skil by die sous en voeg die sap by. Proe en geur dit verder na smaak met sout, peper en ’n bietjie room of botter. Skep die vark terug in die sous met die vetkant na bo. Verhit die roosterele­ment en bak die vleis sonder die deksel tot dit mooi goudbruin is. Sny die vleis in skywe en sit dit voor met die sous.

Pure platteland Vir ekstra bederf kan jy nog ’n paar salieblare in botter braai. Garneer die vleis dan net voor opdiening met die gebraaide salieblare en skroeibott­ersous.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa