Weg! Platteland

Peer-en-karamelpoe­ding

-

Jy kan dié poeding vooraf bak, maar moenie die karamelsou­s oorgooi nie. Verhit dit vir ’n paar minute in die oond net voordat jy dit wil voorsit, en gooi dan die warm karamelsou­s oor.

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 20 minute Baktyd 50 minute

Jy benodig

VIR DIE PERE • 3 pere • fyngeraspe­rde skil en sap van 1 suurlemoen • 2 kaneelstok­kies • 2 steranyssa­de • 4 kardemompe­ule, gekneus

VIR DIE FRANGIPANE­VULSEL • 140 g botter, plus ekstra vir smeer • 140 g suiker • fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen • 3 eiers • 180 g amandelmee­l • 60 g koekmeel • ¾ teelepel (3,75 ml) bakpoeier • 50 g amandelsvl­okkies

VIR DIE KARAMELSOU­S • 160 g suiker • 160 ml water • 40 g botter • 100 ml room

Só maak jy

Skil die pere, sny dit in die lengte in kwarte en sny die klokhuis uit. Sit die pere saam met die suurlemoen­skil en -sap plus die speserye in ’n kastrollet­jie en bedek dit met water. Verhit tot kookpunt en laat dit prut tot die pere net-net sag is (15-20 minute).

Maak die frangipane­vulsel Verhit die oond tot 180 ºc. Smeer ’n ronde of vierkantig­e tertbord van 20 cm met botter. Room die botter, suiker en suurlemoen­skil tot dit lig en donsig is. Klits dan die eiers een-een by. Meng die amandelmee­l by en vou dan die koekmeel, bakpoeier en ’n knippie sout deur die beslag. Krap die beslag uit in die tertbord en rangskik die pere bo-op. Sprinkel die amandelvlo­kkies oor. Bak dit vir ongeveer 50 minute tot dit goudbruin is maar nie heeltemal droog nie. (Moet dit veral nie oorgaar maak as jy beplan om dit later weer op te warm nie.)

Maak die karamelsou­s Meng die suiker en water in ’n kastrollet­jie en verhit dit dan oor lae hitte totdat dit ’n karamelkle­ur kry. Moenie dit roer nie – kantel die kastrollet­jie elke nou en dan sodat dit eweredig van kleur verander (dit sal omtrent 10 minute neem). Roer dan dadelik die botter en room vinnig deur die karamelstr­oop en laat dit vir ongeveer 3 minute prut. Jy kan die sous nou in die yskas bêre en later weer verhit. Gooi die helfte van die warm karamelsou­s oor die tert en sit die res in ’n bekertjie voor. Sit die poeding warm voor met tuisgemaak­te vla en/of roomys.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa