Weg! Platteland

Knuskos oor die kole

Net omdat die somer spore gemaak het, beteken dit nié dis neusie verby vir braai nie. Steek die ketelbraai aan vir ’n heilsame, bekostigba­re wintervlei­sfees sonder fieterjasi­es.

-

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 20 minute Gaarmaakty­d 1 uur

Jy benodig

VIR DIE VARKNEK • 1 kg ontbeende varknek • Ina Paarman se Knoffel-en

pepergeurm­iddel • olyfolie • 250 g droëperske­s • ½ kaneelstok­kie • 1½ koppies (375 ml) water • 1 eetlepel (15 ml) suiker • Ina Paarman se Klewerige Marinade

VIR DIE GEROOSTERD­E GROENTE • 1 rooi en 1 geel soetrissie, pitjies

uitgeskraa­p en in blokkies gesny • 2 middelslag-uie, elkeen in

8 wiggies gesny • 200 g heel kersietama­ties • 10 heel knoffelhui­sies, geskil • 2 Golden Delicious- of rooiskilap­pels, ongeskil en in blokkies gesny • 1 teelepel (5 ml) Ina Paarman se

Roosmaryn-en-olyfgeurmi­ddel • 1 bottel (250 ml) Ina Paarman se

Klassieke Balsemiekv­inaigrette

Só maak jy

Kry die vleis reg Vryf die vleis in met ’n rojale laag Knoffelen-pepergeurg­middel en verf dit dan met olyfolie. Draai die varknek styf toe in kleefplast­iek en laat dit oornag in die yskas marineer (of laat dit vir 3-4 uur by kamertempe­ratuur staan).

Laat die droëperske­s en kaneelstok­kie prut in die water waarby jy ’n knypie sout gevoeg het. Wag tot die perskes sag is, voeg die suiker by en laat dit dan vir nog 5 minute prut. Laat dit eenkant afkoel.

Berei die groente Sit die oondrak in die middel en verhit die oond tot 200 ºc. Meng die groente en appel met die Roosmaryn-enolyfgeur­middel en sprei dit uit in ’n groot oondpan. Giet die hele bottel vinaigrett­e oor die groente en meng alles goed deur.

Rooster dit vir 40-45 minute oop in die oond tot die groente en appel sag is en begin bruin word om die rande. Sit dit warm, teen kamertempe­ratuur óf koud voor. Steek die kole (50-60 brikette) in jou ketelbraai aan en wag tot dit ’n aslaag bo-oor het. Versprei die kole al om die kante van die ketelbraai en sit die rooster op. Plaas die varknek reg in die middel van die rooster en sit die ketelbraai se deksel op. Wag 30 minute voor jy dit omdraai en die vleis met die Klewerige Marinade begin verf. Gebruik ’n vleistermo­meter om die vleis te toets: Dit behoort 50-60 minute te neem om gaar te word en die interne temperatuu­r sal 75-80 ºc wees. Bedek die vleis losweg met ’n stuk foelie en laat dit vir 10 minute rus voordat jy dit op ’n houtbord voorsny.

Drup ekstra vars marinade oor die vleis voor jy dit voorsit saam met die perskes en groente.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa