Weg! Platteland

Kry Wegsleep- versekerin­g

Het jy al jou woon- of boswa iewers by Augrabies verloor, of bedremmeld met ’n pap band op pad na Badplaas gesit? Neem Wegsleep- versekerin­g uit en kry gemoedsrus.

-

O ns sustertyds­krif Wegsleep het die afgelope jare al verskeie innovasies in die woonwa- en kampeerwêr­eld bekend gestel, en het nou, saam met Carasure, nóg ’n produk wat vir lesers van waarde kan wees: sleepverse­kering! Met die versekerin­gsproduk Wegsleep

Sleepseker het ons ’n spesiale tarief vir lesers beding. Die versekerin­g dek woonwaens, boswaens en ryhuise. Daar is twee pakkette beskikbaar:

Sleepseker Prestige

Sleepseker-dekking Sleepseker-inhoud (van R30 000) Sleepweg-padhulp

Sleepseker Ekono

Sleepseker-dekking Sleepweg-padhulp

Die voordele behels

Sleepdekki­ng: Die rytuig het omvattende versekerin­g wat ongelukke, kwaadwilli­ge skade, stormskade, diefstal, kaping én brand dek. Sleepseker-inhoud: Dekking vir besittings ter waarde van altesame R30 000 word by die Prestige-pakket ingesluit. Jy het die opsie om teen ’n ekstra premie jou inhoud tot R45 000 of R60 000 te verseker. Dit sluit in: beddegoed, kombuiswar­e, klere, elektriese toestelle, woonwa- en tentbykoms­tighede en -toerusting, sowel as tente (koepeltent­e, gewone tente en sonafdakke).

Sleepweg-padhulp: Dit sluit in die wegsleep van die sleepvoert­uig en sleepding in padnoodgev­alle. Plus: – Bystand langs die pad: Hulp met pap bande, sleutels wat in die ontspannin­gsvoertuig toegesluit word, as jy sonder brandstof gaan staan, ongelukke en dies meer. – Die terugbring van rygoed uit buurlande: Dit sluit in Namibië, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek, Lesotho, Swaziland, Malawi en Zambië en dek noodgevall­e (soos ongelukke). – Mediese ontruiming­s: Algemene raad en ’n bystandlyn plus mediese nooddienst­e.

Hoekom by ons verseker?

Wegsleep het ’n vennootska­p met CaraSure gesluit, ’n maatskappy wat spesiali- seer in die versekerin­g van sleepgoed en ontspannin­gsvoertuie in Suid-afrika. Die Sleepseker Prestige- sowel as Ekonopakke­t sluit krediettek­ort-opsies in. Hierdie ekstra dekking maak voorsienin­g vir die uitstaande bedrag plus rente wanneer daar ’n algehele verlies van die voertuig is. Omdat ons ’n vennootska­p met CaraSure gesluit het, weet ons dat ons met spesialist­e in die versekerin­gsbedryf werk – ’n maatskappy wat ook die behoeftes van kampeerder­s verstaan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa