Weg! Platteland

DIE SELFHELPOM­SKAKELINGS­TEL

-

Toe die Kaap omtrent 15 jaar gelede deur ’n tydperk van ernstige waterbeper­kings is, het Mark Joubert ’n basiese bogrondse stelsel bedink wat hy met ’n wasmasjien­pomp laat loop het.

“Een oggend skel die ou tannie wat langs ons bly omdat ek die tuin snags natgooi. Ek wys toe vir haar wat ek gedoen het, waarop sy my vra om vir haar ook een te maak.” Binne enkele maande het hy tientalle sulke stelsels vir familie en vriende gemaak.

Mark se buurvrou het, sonder om vir hom te sê, sy prototipe vir ’n Sabs-kompetisie ingeskryf wat hy toe uiteindeli­k gewen het. Vandag, ’n hele paar patente en prototipes later, het ons Garden Resq, ’n bogrondse stelsel so groot soos ’n koelboks wat enige gewone huiseienaa­r binne 1½ uur kan installeer. Omdat dit klein is en jy dit self installeer, word dit meestal net aan een badkamer gekoppel, maar as jy jou gesin kan oortuig om net een badkamer te gebruik, kan jy baie spaar.

“Omdat dit bogronds is, hoef jy nie ’n enkele gat in jou tuin te maak nie,” sê Mark. Dis veral gewild onder mense wat huur: As hulle trek, vat hulle gewoon die Garden Resq saam na die volgende plek toe. Mark pos die eenhede na enige plek in Suid-afrika en reken ongeveer 3000 van hulle is al in gebruik. “Ses maande gelede was 90% van my bestelling­s uit die Vrystaat, Gauteng en Mpumalanga,” sê hy. “Nou is amper al my kliënte in die Wes-kaap.” Prys R5 730 (tuinslang en sproeier uitgesluit) plus R100-R200 vir hegstukke, afhangende van jou vereistes. Die posgeld is R275, óf jy kan dit self in Noordhoek, Kaapstad, gaan haal.

 ??  ??
 ??  ?? Kontak gardenresq. co.za
Kontak gardenresq. co.za
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa