Weg! Platteland

Mark toe Pretoria se Hazel-koshemel

Die Jakarandas­tad se lekkerbekk­e en laatslaper­s sit Saterdae af na die Hazel-kosmark waar jy jou kan oorgee aan alles wat lekker is uit amper elke uithoek van die wêreld.

- TEKS JOHAN VAN ZYL FOTO’S PETER VAN NOORD hazelfoodm­arket.co.za Hazel Food Market info@hazelfoodm­arket.co.za 078 593 7716

N á ’n wilde week (of Vrydagaand), vertel die Pretoriane­rs jou, het ’n voorstedel­ing soms lus vir ’n bietjie inlê. Dan sien jy nie kans om met hanekraai aan te meld by die beroemde Boeremark (wat ons in Plat

teland #2 gewys het) nie. Maar moenie dink die Hazel-kosmark is ’n tweede of troosprys vir laatslaper­s nie. Dié mark wat Retha van Hoven op 24 Januarie 2009 met net 18 stalletjie­s begin het, is geïnspiree­r deur die Europese kosmarkte waarop sy verlief geraak het toe sy nog vir die Franse motorverva­ardiger Peugeot gewerk het.

“Ek moes gereeld vir werk Frankryk toe gaan, en daar het byna elke buurt sy eie kosmark waar die mense van die omgewing vars produkte en gebak direk by die produsent kan koop. Dis régte kos, gemaak van die beste bestanddel­e, en dit is hoekom so baie Europeërs hulle weeklikse inkopies hier doen. Anders as ons draf hulle nie vir alles reguit supermark toe nie,” vertel sy.

“Natuurlik het ek ook besef Pretoria het ’n magdom ambassades en ek het gehoop die mark sou by die diplomate aanklank vind. Maar agt jaar later kan ek rapporteer dis nie net die ambassadem­ense wat ons ondersteun nie – baie Pretoriane­rs kom koop nou hier die vleis, vrugte en groente, kaas, eiers, brood en ander lekkernye wat hulle vir die naweek of week nodig het.”

Met Platteland se besoek was die tafels en bankies onder die koeltebome tjokkenblo­k en vrolik, maar daar is nooit ’n vertrappin­g nie en oorgenoeg ruimte vir drentel en proe by die stuk of 70 stalletjie­s. En die kos! As jy nie die dag lus het vir die radioman Izak du Plessis se beroemde Zaksaties, vetkoek, koeksister­s, boereworsr­olle of biltong nie, is daar altyd lekkernye uit Griekeland, Nederland, Pole, Indië, Libanon, Thailand, Mexiko, Portugal, Amerika, Switserlan­d, Korea, Indonesië, Italië...

Nou wens ons net iemand het ons gewaarsku om nie ontbyt te eet nie.

• Die mark word elke Saterdag van 08:00 tot 14:00 gehou langs die Greenlyn Villagesen­trum op die hoek van Thomas Edisonen Mackenzies­traat, Menlopark.

 ??  ?? Daar is hope sitplek onder die koeltebome waar jy kan weglê aan lekkernye van Amerika tot Pole en Korea. INLAS Retha van Hoven het die Hazel-kosmark in 2009 begin.
Daar is hope sitplek onder die koeltebome waar jy kan weglê aan lekkernye van Amerika tot Pole en Korea. INLAS Retha van Hoven het die Hazel-kosmark in 2009 begin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa