Weg! Platteland

Aalwyne Gee jou vaal wintertuin woema met dié kleurkerse wat nie veel water óf onderhoud verg nie

Aalwyne verg min water en onderhoud en is op hulle mooiste in die winter as die res van die tuin gewoonlik op sy vaalste is. Drie kenners verduideli­k hoe jy dié staatmaker­s gelukkig hou.

- DEUR MAJA PALM

Bergaalwyn­e wat teen Bosveldkop­pies pronk, Kwazulunat­al se kandelaara­alwyne, die bitteraalw­yne van die SuidKaap, die Ooskaap se uitenhaaga­alwyne, die treffende kokerbome op die Noordkaaps­e vlaktes... van brandrissi­erooi en perskepien­k tot geel en oranje; van 7 m hoë bergaalwyn­e tot wit grasaalwyn­e wat maar 10 cm hoog word – sonder dié kleurontpl­offings sou die Suidafrika­anse winterland­skap maar bra vaal gewees het.

Dis juis die verskeiden­heid groeiwyses, blaaren blomvorms, groottes

en kleure wat aalwyne so onweerstaa­nbaar maak, skryf

Gideon Smith (regs) in die Eerste veldgids tot aalwyne van

Suiderafri­ka. Meer as 500 spesies reg oor die wêreld is bekend waarvan 120 inheems aan Suidafrika is. Platteland het gaan kers opsteek by Gideon, wat al ses aalwynboek­e agter sy naam het, en die aalwyntele­rs Leo Thamm (links) van Sunbird Aloes in Randburg en Andy de Wet (regs) van De Wet Plant Breeders en The Aloe Farm by Hartbeespo­ort. >

“’n Aalwyn kan mooi wees op sy eie, maar ’n massa-aanplantin­g van dieselfde aalwyn kan letterlik die asem wegslaan,” sê Gideon. “Die plante is in alle opsigte ware Afrika-ikone.”

Leo en Andy is dit eens: Aalwyne vul nie net die tuin met kleur in ’n tyd van die jaar wanneer blomme skaars is nie; navorsing toon die blomme lok ook nagenoeg 140 verskillen­de voëlspesie­s – van suikerbekk­ies, vinke en rooioogtip­tolle tot spreeus en kwêvoëls – op soek na nektar of insekte wat die blomme besoek.

Die basiese dinge

Aalwyne behoort tot die genus Aloe, wat uit meer as 550 blomdraend­e vetplantsp­esies bestaan. ’n Nuwe plantklass­ifikasiest­elsel wat DNS as hoofinstru­ment gebruik, het die plantgroep onlangs van die Aloaceae

familie na die Asphodelac­eae-familie geskuif. In die natuur kom aalwyne hoofsaakli­k voor in Afrika suid van die Sahara, die Arabiese skiereilan­d, Madagaskar en ’n paar eilande aan die ooskus van Afrika.

Aloe vera, die medisyne-aalwyn, is die bekendste van dié spesies met ’n verstommen­de klomp medisinale en kosmetiese gebruike. Die omset van hierdie bedryf word op sowat US$110 miljard (ongeveer R1,43 biljoen) geraam, wat dit waarskynli­k die belangriks­te medisinale plant ter wêreld maak. In Suid-afrika word veral Aloe ferox vir medinale en kosmetiese doeleindes gebruik. “You ask me what were the secret forces that sustained me during my long fasts,” skryf Mahathma Gandhi in sy biografie. “Well, it was my unshakeabl­e faith in God, my simple and frugal lifestyle and the aloe whose benefits I discovered upon my arrival in South Africa at the end of the 19th century.”

Spesies vs. hibriede en kultivars

Aalwyne wat in die natuur voorkom en onderling suiwer teel, staan as ’n spesie bekend. Voorbeelde is die boek-, tarentaal-, vuurpyl- en spikkel- aalwyn, en natuurlief­hebbers versamel hulle graag. Tuinaalwyn­e is meestal aalwynkult­ivars of -hibriede wat deur die mens geteel word vir spesifieke eienskappe.

Veral Arthur Koeleman het van 1950 tot 1990 pionierswe­rk gedoen met die teel en registrasi­e van aalwynkult­ivars, en vandag sit Andy en Leo sy werk voort.

“Aalwynhibr­iede word met die tuinier in gedagte geteel,” sê Andy. “Hulle groei vinniger en makliker, blom oorvloedig en het helderder kleure. Hulle is ook meer voorspelba­ar: Jy weet hoe groot hulle gaan raak, wanneer hulle gaan blom en presies wat die kleur gaan wees. Al dié faktore is belangrik as jy jou tuinuitleg beplan.”

Volgens Leo gee die feit dat gene wat nooit in die natuur bymekaar kan kom nie, maar wel met handgemaak­te kruisings gekombinee­r kan word, hibriede ’n aansienlik­e voorsprong. “Heelwat wildeaalwy­nbevolking­s is onder druk, al is die spesie self nog nie bedreig nie,” sê Leo. Daar verskyn byvoorbeel­d reeds 46 aalwynspes­ies op die Rooilys van Suid-afrikaanse plante.

“Die verantwoor­delike oplossing vir die tuinier is om ’n aalwynkult­ivar te kies in plaas daarvan om die plante uit die natuur te verwyder of plante langs die pad te koop wat duidelik nie van ’n kwekery afkomstig is nie. Plantstrop­ers is maar net wilddiewe in ’n ander gewaad.”

Gideon reken in die toekoms sal met die teel van hibriede gepoog word om plante te kweek wat nóg langer blom, siektebest­and is, in meer vogtige en skaduryke toestande kan groei, en met nóg indrukwekk­ender argitekton­iese blare en rosette spog.

Beplan jou aalwyntuin

’n Aalwyntuin is maklik om te vestig en versorg, en sal dekades lank mooi bly. Só maak ’n mens: 1

Kyk rond watter aalwyne in jou omgewing groei. “Ander plante wat ’n geskikte aalwynklim­aat aandui, sluit in broodbome, avokado’s, bougainvil­leas en koraalbome,” sê Leo.

2

Kies die regte plek Direkte sonlig is ’n vereiste vir gesonde groei. Dis moeilik om die minimum hoeveelhei­d sonlig te bepaal, maar liefs nie minder as 4-5 uur per dag nie. Plant aalwynkrui­sings aan die noordekant van ’n sonnige muur of huis en onthou dat sommige plekke wat in die somer son kry, regdeur die winter in skaduwee kan wees. Aalwyne wat te min son kry, is meer vatbaar vir siektes, groei stadiger, blom swakker en sal skuins oorhel in die rigting van die lig.

Onthou dat bome en aalwyne nie goeie maats nie – moet dus nie kleiner aalwynsoor­te aan die suidekant van groter plante plant nie. En tensy jy in ’n winterreën­valstreek bly, moet jy ook probeer om nie plante wat in die droë seisoen baie water nodig het met aalwyne te kombineer nie.

3

Wat van koue en ryp? Volgens Leo is die reënvalstr­eek nie so belangrik vir gewone tuiniers nie omdat aalwynkrui­sings kos en water gebruik wanneer dit beskikbaar is. Omdat die meeste aalwyne in die winter blom, is koue eerder die grootste bepalende faktor.

Andy sê die blomme is die kwesbaarst­e deel van die plant, en veral kleiner hibriede moenie in ooptes geplant word nie. “Ons het al heelwat aalwyne geteel wat blom voor en ná die ergste koue, soos die Aloe ‘Peri-peri’, Aloe ‘Andy’s Orange’ en

Aloe ‘Autumn Haze’. ’n Ander oplossing is om eerder aalwynhibr­iede te plant wat regdeur die jaar blom, soos Aloe ‘Tiger Eye’, Aloe ‘Lemon Drops’, Aloe ‘Little Jewel’ en Aloe ‘Havenga’s Pride’.”

’n Ander blink plan is om aalwyne in potte te plant omdat jy die plante onder beskutting kan inskuif as dit snerpend koud raak. Die meeste aalwynkrui­sings vaar goed in potte. “Aloe ‘Berry Sorbet’ is een van die kultivars wat die vroegste blom in die wintertuin,” sê Leo. “Sy blomseisoe­n kan strek van April tot einde Julie en danksy die hanteerbar­e grootte werk hulle uitstekend in potte.” >

 ??  ?? HOOFFOTO EN OORKANT Kokerbome ( Aloe dichotoma) spog van middel- tot laatwiner met bottergeel blomme en vrolik die Knersvlakt­e in die Noord-kaap op.
HOOFFOTO EN OORKANT Kokerbome ( Aloe dichotoma) spog van middel- tot laatwiner met bottergeel blomme en vrolik die Knersvlakt­e in die Noord-kaap op.
 ??  ??
 ??  ?? Rooiklip Aoe ‘Marlothii’ (hibried)
Rooiklip Aoe ‘Marlothii’ (hibried)
 ??  ?? Rooiklip Aloe ‘Vambalinni’
Rooiklip Aloe ‘Vambalinni’
 ??  ??
 ??  ?? Rooiklip Aloe ‘Angelica’
Rooiklip Aloe ‘Angelica’
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa