Weg! Platteland

Nuus en dagboek Potte van binnebande plus kursusse te kus en keur

Ons is gaande oor Van der Vloed & Skaamhaai se reeks handgemaak­te plantpotte – wie het gedink ou trekkeren ander binnebande kan in hulle tweede lewe so welgevormd lyk?

- Skaamhaai Skaamhaai echeveriao­bsession@gmail.com 071 304 1159

Met Platteland se besoek aan Nieu-bethesda in die Oos-kaap (lees die storie op bl. 18) het ons die Gautengse tuinontwer­per Barry Slabbert buite Die Waenhuis raakgeloop waar hy besig was om ’n verskeiden­heid droogtebes­tande plante in swart rubberpott­e te plant.

Dié eiesoortig­e potte, wat onder die handelsmer­k Van der Vloed & Skaamhaai verkoop word, is ’n samewerkin­gsprojek tussen Barry en die Cullinanse kunstenaar en produkontw­ikkelaar Magda van der Vloed en haar man, Rufus. Barry, wat in sy profession­ele hoedanighe­id en onder sy vriende ook as James Barry bekend is, het die verskillen­de vorms ontwerp, terwyl Magda en Rufus die stikwerk en fyner afronding behartig.

“Ek wou iets doen met herwinbare goed wat net weggegooi word, soos binnebande... daai ding wat ’n mens noem making love out of nothing at all! En ons wou pret hê in die proses, veral met die beskrywend­e (Afrikaanse) name wat ons vir die verskillen­de vorms uitgedink het: frommelore, koekblikke, vlotterkle­ppe (Afrikaans vir valve), knorpotte, oorknypers, toktokkies, sonvisse...

“Ek is mal oor die gevoel van die versamelin­g: aan die een kant tuisgemaak, aan die ander kant kontemporê­r; half van die plaas af, half S&m’erig, half tong in die kies. En ek hou verder daarvan dat die potte mettertyd ’n lieflike patina kry,” verduideli­k hy.

Barry en Magda-hulle wil met nog kunstenaar­s saamwerk om die reeks verder uit te brei en hy voel sterk daaroor dat elke potversame­ling met plante van die omgewing moet spog.

“Vir die potte wat by Die Waenhuis ten toon gestel word, het ek net plante gebruik wat hier in die Karoo voorkom of wat hier sal aard. In Johannesbu­rg het ek weer ’n klompie vir die modeontwer­per Marianne Fassler gemaak en sy het besluit om groente daarin te plant.”

 ??  ??
 ??  ?? Barry Slabbert
Barry Slabbert

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa