Weg! Platteland

180 º Die TV- en radioman Echbert Boezak onthou Carnavon

Die Johannesbu­rgse radio- en Tv-man Echbert Boezak het al verskeie lande besoek waar hy oor sport verslag gedoen en van die wêreld se grootste sportsterr­e ontmoet het. Maar elke keer as hy op ’n vliegtuig klim, onthou hy die gesprek met sy pa een oggend o

-

Die naam Alwyn Christiaan Boezak sal ’n mens nooit in enige van Rugby SA se jaarboeke vind nie. Tog het my pa geglo hy is een van Suid-afrika se beste agstemanne van alle tye. “Daar was net drie proper agstemanne in dié land,” het hy altyd gespot. “Hennie Muller, Morné du Plessis en ek.”

My pa was van Carnarvon in die Noord-kaap. Ek het nooit sy legendarie­se wedstryde vir die dorp teen Loxton of Williston se eerste span gesien nie, maar daar was ’n paar mense wat kon getuig dat “Meester darem nie Hasie Bo gespeel het nie”. (Hasie Bo verwys na ’n kinderspel­etjie waar die bal net doelloos rondgegooi word.)

My eerste paar besoeke aan Carnarvon was nou nie juis aangename ervarings nie. Dis skaapwêrel­d, en as kind het ek nie van skaapvleis gehou nie. Dan is die water nog brak ook. En Carnarvon se winterkoue is legendarie­s. “Op Carnarvon kan ’n mens net ou koerante lees en dronk mense tel,” het my neef boonop gespot.

Nogtans het my pa my één lewensles geleer: “Carnarvon bou ’n mens se karakter. Dit gaan joune ook bou.”

Met die jare het ek ’n groter waarde- ring ontwikkel vir die dorp en sy historiese geboue. “Eendag as jy vir die radio of TV werk, moet jy mense vertel van dié dorp,” het my pa gevra. “As die satelliet kom, gaan gróót dinge gebeur.”

Dié satelliet waarna hy verwys het, is natuurlik die Meerkat-radioteles­koop net buite die dorp.

My pa leef nie meer om oor sy dorp te spog nie, maar danksy die brak water is Carnarvon se koffie van die beste in die land en sy skaapvleis en wors uit die boonste rak. En ek dink hy sou trots gewees het op die “satelliet” en op my wat met almal oor rugby kan gesels.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa