Weg! Platteland

Gryswater Jou 5 keuses om die droogte én waterreken­ing te troef

Waterbeper­kings is niks nuuts nie, maar selfs al maak die hemelsluis­e oop, moet ons gewoond raak aan die gedagte dat Suid-afrika ’n waterarm land is. Nick Dall kyk hoe jy gryswater kan gebruik om jou te speen van die goeie ou kraan.

-

D ie waarheid is eenvoudig: Op geen manier kan SuidAfrika­ners oorleef as die huidige bevolkings­groei en watergebru­ikpatrone voortduur nie. In 2016 het ’n droogte die noorde van die land geknel, en in die eerste helfte van vanjaar is dit die Wes-kaap se beurt om op sy knieë te wees. Ja, die regering moet seker in ’n stadium die kapasiteit verhoog, maar ons kan almal help om die vraag te verminder deur ’n paar maklike ingrypings – van waterslim tuine, tot die oes van reënwater tot die toilet minder spoel. Dan is daar gryswater. Ja, dit klink soos ’n goeie plan, maar vir baie mense bly dit maar ’n vae, duister konsep.

Wat is gryswater?

Gryswater word gedefiniee­r as water wat uit ’n bad, stort, handewasba­k of wasmasjien kom. Afhangende van die stelsel wat jy inspan, kan jy dié water gebruik om jou tuin nat te lei, die toilet te spoel en, in sommige (duur) gevalle, jou swembad vol te hou of die wasgoed te was. Die water wat uit toilette en bidets kom, word as swartwater geklassifi­seer, terwyl water uit die kombuis (en veral die skottelgoe­dwasser) ook taboe is.

Die volgende reëls geld wanneer jy beplan om gryswater vir besproeiin­g te gebruik:

• Gebruik waspoeier sonder fosfate Surf, Omo en Ariel is in die haak, maar bly eerder weg van Skip.

• Vermy skoonmaakp­rodukte met

bleikmidde­l as basis Natrium-hipochlori­et is die regte naam vir dít wat jy in Jik, Domestos en verskeie ander produkte kry. En dis nie goed nie. Maar Handy Andy is goed vir jou tuin.

• Wassake soos altyd As die seep sag genoeg is vir jou vel, sal dit beslis sag genoeg wees vir jou tuin.

Kies die regte stelsel

As jy met ’n emmer op die vloer staan en stort en dan dié water gebruik om die toilet te spoel, dan is jy op die mees basiese vlak besig met gryswaterh­erwinning. Dieselfde as jy jou wasmasjien se pyp op die grasperk laat uitloop of jou rose bederf met emmers

vol badwater. Selfdoenpl­anne soos dié is beter as niks nie en boonop goedkoop. Maar as jy eers ’n paar maande lank emmers rondgedra het en ’n ewigheid gesukkel het om elke dag ’n bad leeg te kry, is jy waarskynli­k gereed vir die volgende vlak. Die goeie nuus is dat ’n basiese gryswaters­telsel relatief goedkoop is. Én maklik om te installeer.

“Sodra jy gryswater in ’n tenk opgaar, kry dit nie suurstof nie en besmetting tree in,” verduideli­k Jeremy Taylor (foto onder) van Water Rhapsody, wat al sedert 1994 sulke stelsels installeer. “Herleiding­stelsels systap dié probleem, want jy gebruik die water onmiddelli­k en die grond in jou tuin filtreer al die nare stowwe uit die water.”

Alle herleiding­stelsels – van die basiese soort tot die mees gevorderde­s – werk volgens dieselfde uitgangspu­nt:

Gebruik swaartekra­g om soveel as moontlik van ’n huis se gryswater in ’n enkele opgaartenk te kry.

Gebruik basiese filters om groot goed soos hare en veldeeltji­es te verwyder.

Gebruik ’n pompie (wat deur ’n vlotter beheer word) om dié water onmiddelli­k uit die opgaartenk tot in jou tuin te kry.

Omdat die water dadelik gebruik word, kan die tenk maar klein wees (ons het gehoor van hulle is so groot soos ’n skoenboks, maar ’n kapasiteit van 30100 ℓ is die norm), wat goeie nuus is vir die gemiddelde huiseienaa­r. Afhangend van die grootte van die pomp en tenk (en die uitleg van jou huis) behoort jy al die water wat jy produseer te kan benut, óf jy moet dalk net op die badkamer fokus.

Omdat die stelsels outomaties aanskakel wanneer jy bad, stort of wasgoed was, moet jy jou tuinslang elke paar dae gaan skuif in die tuin. Stelsels met ’n groter pomp kan ’n laedrukspr­oeier laat werk, terwyl ’n tuisgemaak­te kontrepsie vir vloedbespr­oeiing gebruik kan word (dit is ’n tuinslang sonder ’n sproeier vooraan). Maar vergeet van enige besproeiin­gstelsel: Geen pomp gaan dit regkry nie.

Gryswater het wel ’n effense klankie (stel jou ’n besige wassery voor) en die stelsel moet elke paar weke skoongemaa­k word. Dit is ’n eenvoudige (effens onsmaaklik­e) takie: Krap die hare en vel uit die filtermand­jie, en borsel die binnekant van die tenk met ’n toiletbors­el. >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa