Weg! Platteland

Kom laat ons wérk

-

Op ’n mooi herfsdag in Maart gaan sit ons aan vir aandete by die tafel van Evelyne Olifant en haar dogter, Juliet. Daar in Pienaarsig, Nieu-bethesda se township. Bekend as die “bodorp”. Terwyl ons weglê aan Antie Evelyne-hulle se boerekos, gesels ons kopstukke oor Nieu-bethesda en SuidAfrika (lees die storie op bl. 18).

Dit gaan maar moeilik sonder skenkings, sê Auntie Evelyne oor haar liefdadigh­eidsprojek waardeur 60 behoeftige kinders – en ’n hele paar volwassene­s – elke dag ’n bord kos en ’n kosblik vir die skool kry. En dan sê sy iets wat ons al meermale op ons omswerwing­e vir 15 uitgawes van Platteland gehoor het: “In ’n regte community help mense mekaar uit. Jy kan nie vir die govern

ment of ander mense wag om goete vir jou uit te sorteer nie. Jy moet wérk.”

Dis die verhaal van Suid-afrika, maar veral die Suid-afrikaanse platteland, waar dinge nie altyd beskikbaar of volop of goedkoop is nie: Mense het geleer om planne te maak om nie net self te leef en oorleef nie, maar ook om hulle naaste te help. Dis iets wat jy nie altyd in die stad teëkom nie, al woon mense fisiek veel nader aan mekaar as op die platteland.

Op die brieweblad raas Johannes de Koning van Tsumeb in Namibië na aanleiding van die artikel oor biodinamik­a in Platteland #14 (die Herfs 2017-uitgawe): “Het Platte

land nou sowaar verander van ’n nuttige, onderhoude­nde tydskrif oor die platteland­se leefwyse in ’n Gaia-agtige New Age-propaganda­blad?”

Ons het lekker gelag, maar dit het ons tog laat dink. En ons wil Johannes en alle ander lesers wat daardie artikel nie eens met ’n sak sout gesluk kon kry nie, die versekerin­g gee: Ja, soms sal ons iets bekyk wat dalk nie brood-en-bottersake is nie, maar Platteland bly in die eerste plek ’n tydskrif oor mense. Mense wat ons dorpe ’n beter plek probeer maak. Laat weet ons gerus hoe jy “wérk om goed uit te sorteer” – ons wil graag dié stories ook vertel.

Dan gesels ons weer in die lente!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa