Weg! Platteland

Lesers klap die sweep

-

Esoteriese waansin?

Het Platteland nou sowaar verander van ’n nuttige, onderhoude­nde tydskrif oor die platteland­se leefwyse in ’n Gaia-agtige New Age-propaganda­blad? Met die onsin oor die mis-in-koeihoring­doepa in julle artikel oor biodinamik­a (Herfs 2017) het julle nou ’n totaal onaanvaarb­are vlak van onwetenska­plike wensdenker­y bereik. (Terloops, ’n koei is nie die vrugbaarst­e dier op aarde nie – ’n vlieg of brommer produseer baie meer kleintjies.) Bly asseblief weg van hierdie soort toorkunste en astrologie.

Intussen bly ons lekker hier op die platteland, waar ek inheemse bome kweek sonder bygeloof en bose energie. Johannes de Koning, TSUMEB, NAMIBIË

Skokkende artikel!

Ek het onlangs in die Herfsuitga­we van Platteland ’n kort artikel oor Angela Tuck se winkel, Hello Tuck, op Riebeek-kasteel gelees. Ek was diep teleurgest­eld om te sien die artikel fokus uitsluitli­k op die feit dat sy die vrou van Max du Preez is pleks van op haar werk, winkel of produkte.

As kreatiewe mense kan ons in die 21ste eeu op ons eie bene staan. Ons hoef nie met iemand getroud te wees om iets van onsself te maak nie. Angela se werk is goed genoeg en sy het nie enige soort nepotisme nodig nie. Georgina Berens, KAAPSTAD Die“artikel”het glad nie oor me.tuck se winkel gehandel nie, maar was ’n kort brokkie onder die opskrif“ontmoet Kasteel se mense”.me.tuck is eerstens bekend gestel as ’n grafieseon­twerper wat die eienaar is van Hellotuck in die Kortstraat-ontwikkeli­ng en daarna is genoem dat sy met Du Preez getroud is. Dit was beslis nie die“fokus”van die“artikel”nie. – Reds.

Hokaai, Heidelberg

Ek het met groot opgewonden­heid die Herfsuitga­we van Platteland gekoop toe ek sien julle skryf oor Heidelberg, maar nou is my hart stukkend! Hoe is dit moontlik om ’n artikel oor die dorp te doen sonder om die geskiedeni­s van die Heidelberg­se Onderwysko­llege (HOK) in te sluit wat amper 60 jaar deel was van die dorp voor dit in 1967 sy deure moes sluit om plek te maak vir die Weermag?

Almal van ons wat deel was van die HOK sal Heidelberg nooit vergeet nie, al het Platteland van ons vergeet. Op 24 September 2017 op Erfenisdag hou die HOK ’n groot reünie by die Voortrekke­rmonument... sê nou net

Platteland kan ’n artikel daaroor plaas? Marietjie Raath (née Van Wyk), GAUTENG

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa