Weg! Platteland

KOM MAAK HIER ’N DRAAI!

-

TONTELDOOS

Die dagboekins­krywing in julle Herfsuitga­we oor die Highlandsf­ees wat op 15 April op Tonteldoos sou plaasvind, het my laat terugdink aan ons lekker Paasnaweek­kuier op die dorp en veral die verblyf by Flintlock Grange met sy enorme huisbiblio­teek.

’n Sonsonderg­ang op Tonteldoos is onbeskryfl­ik mooi, die hemelruim verlig met sterre wat soos helder ligte skyn, en die stilte ’n voorreg om te ervaar.

Francois en Helen Malherbe van Flintlock Grange is ook nie jou gewone gasheer en -vrou nie: Hulle gee regtig om vir hulle medemens én vir die voortbesta­an van plekkies soos Tonteldoos. Hulle reël paramedici, stel veld op die plaas beskikbaar vir parkeerple­k en reël selfs ’n priester uit Belfast om Nagmaal by die huis te bedien!

Gaan kuier daar en ervaar platteland­se gasvryheid op sy beste! Pietro Schmidt, MORNINGHIL­L

KAMPERSRUS

Min mense weet waarskynli­k van Kampersrus, maar dié stuk pad van 15 km hoort op die toerplan van almal wat in die rigting van die Krugerwild­tuin mik.

Net voor jy van die R527 afdraai op die R531 na Orpen, is daar die Laaipunt-padstal met allerlei snuisterye en ook vars avokado’s, sitrus en mango’s in seisoen. Langsaan is ’n kunsgalery en ’n bekende reptielpar­k.

’n Paar kilometer verder wag die Wag-’n-bietjie-padstal met ligte etes, vars plaasprodu­kte, en speelplek en ’n streelpark vir die kinders, en ’n klipgooi verder is 24° South met nog lekker kos en ’n uitstallin­g van ou motors.

Die idilliese Wildebeesl­apa wink ’n ent verder aan die regterkant waar jy nie die koffie óf hamburgers mag misloop nie. Dan volg Ambri Africa se kroeg met ’n uitsig voor jy teen die bult op ry. Daar teen die hang van die Drakensber­g wag die mooiste skool in Suid-afrika: Laerskool Mariepskop.

Kom kuier. Kom honger. Jy gaan net 15 km ry. Elmarie de Meyer, KAMPERSRUS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa