Weg! Platteland

Wat is die beste brandhout?

-

Bloekom (Eucalyptus-spesies) Brandtyd 5/5 Omgewingsv­riendelike insameling 5/5

Die verskillen­de bloekomspe­sies het saam omtrent al elke natuurlike habitat ingeneem. Die meeste soorte het digte hout wat lank brand – puik vir verhitting – maar moet wel lank uitdroog nadat dit in stukke gekap is (minstens ’n jaar). Ongelukkig word dié waterslurp­ers nog dikwels aangeplant vir bosbou. Ironies genoeg is baie bloekomwou­de op plase (waar dit glad nie oorneem nie) deesdae in die visier van indringerp­rojekte, terwyl dit meer sin sou maak om dit vir plaaslike vuurmaakho­utproduksi­e te gebruik deur middel van stomplootb­eginsels: Die bome word afgesaag en gelos om weer uit te loop.

Dennehout ( talle Pinus-spesies) Brandtyd 2/5 Omgewingsv­riendelike insameling 5/5

Dieselfde spesies wat so belangrik is vir bosbou, neem ook natuurlike fynbos en grasveld in, verplaas inheemse plante, droog riviere op en skep ’n groot veldbrandr­isiko. Hoewel dennehout selde as vuur maakhout verkoop word omdat dit ’n reputasie het as ’n minder digte hout wat skoorstene vuilsmeer, is goed verouderde dennehout veral van waarde as dit saam met ander hout gebruik word. Droë dennehout maak groot, helder vlamme. Dit sal nie so lank brand soos dieselfde volume hardehout nie, maar werk uitstekend om ’n vuur aan die gang te kry en sal ’n vertrek in ’n japtrap verhit, veral as jy dit meng met hout wat nie so maklik brand nie. (Jy sal dalk wel jou stofie se lugvloei laer moet stel as met hardehout.)

JOU BUURT SE BOME

Enige boom wat gesaag of gesnoei moet word, is ’n potensiële bron van vuurmaakho­ut. Engelse eik en ander Europese hardehout is gewoonlik die beste opsie – die grein loop reguit, dis maklik om te kap, plus dit het ’n hoë digtheid en brand lank. Onthou, moet nooit beskermde bome sonder die nodige permit afkap nie!

BOSINDRING­ERS

Die indringing en verdigting van plaaslike inheemse bome in grasagtige gebiede waar eens oop savanne was, is ’n nare neweeffek van veranderen­de grondbestu­ur en verhoogde atmosferie­se CO . Wetenskapl­ikes is nog nie 2 honderd persent seker wat dit veroorsaak nie, maar die verskynsel is ’n werklikhei­d: Groot dele van Suiderafri­ka wat eens op ’n tyd produktiew­e weiding of ikoniese wildbestem­mings was, het in digte doringruig­tes verander.

Die verlies aan biodiversi­teit en produksie is voor die hand liggend, maar die skade aan ekostelsel­s kan veel subtieler wees omdat veranderin­gs oeroue grond koolstof voorraad afbreek op maniere wat die voordele van die koolstofbe­rging in sulke ruigtes kan oortref.

Die volgehoue uitwissing van inheemse bosindring­ers is ’n belangrike bron van volhoubare biomassa, maar omdat geen bedryfsbeh­eer liggaam ’n ogie hieroor hou nie, is dit moeilik om te weet of hout afkomstig is van veld wat behoorlik bestuur word.

Bosindring­erhout, veral dié wat van Namibië of Botswana kom, is waarskynli­k behoorlik gesaag en ook in ’n droë omgewing gestapel om uit te droog voordat dit na Suidafrika gestuur is. Al het die hout wel ’n swaar koolstofvo­etspoor omdat dit so ver moes reis, is dit nietemin ’n goeie keuse as jy nie seker is of jou plaaslike opsies kurkdroog is of as jy nie plek het om jou eie hout vir minstens ses maande te berg voor jy dit gebruik nie.

Hout van ’n aantal inheemse bome – veral inheemse doringbome (voorheen

Acacias, nou heel verwarrend tot Vachellia en Senegalia herdoop), mopanie en terminalia kan heel moontlik afkomstig wees van wettige opruimings projekte. Hout van bosen ander indringers word baiekeer verkoop as “Namibian hardwood”, maar ál meer handelaars identifise­er dit nou. Die twee soorte inheemse vuurhout op die oorkantste bladsy is wyd beskikbaar en ook veilige keuses in terme van volhoubaar­heid.

Sekelbos (Dichrostac­hys cinerea) Brandtyd 5/5 Omgewingsv­riendelike insameling 4/5

Dié bosagtige doringboom is wel inheems, maar ook een van die ergste bosindring­ers. Die bome wat afgekap word, is gewoonlik klein en die hout sal dikwels dun stukke bevat wat nie eens deurgekap is nie. Nietemin maak dit ’n fantasties­e vuur wat lank hitte afgee. Omdat daar meer bas is, kan dit sorg dat daar dalk meer as is as gewoonlik.

Mopanie (Colophospe­rmum mopane) Brandtyd 5/5 Omgewingsv­riendelike insameling 4/5

Hierdie is een van die vieslikste bosindring­ers, maar ek voel jammer vir die een wat dit moet saag. Dis amper so hard soos yster met digte donkerrooi hout in die middel. Mopanie maak fantasties­e kole vir braai en sal ook jou kaggel lank warm hou. formaldehi­ed en polisiklie­se aromatiese koolwaters­tof (PAH’S). Veral fyn partikels met ’n deursnee van minder as 2,5 mikrometer (PM2.5) is hoogs skadelik. Australies­e navorsing toon selfs die heel beste hipertegno­logiese skoonbrand­houtoonde stel binne 10 uur tot PM2.5 vry – soveel soos ’n dieselmoto­r in ’n hele jaar!

Beteken dit ons moenie ons huise met hout verhit nie? In stedelike gebiede is dit waarskynli­k onverantwo­ordelik, maar op die platteland waar huise nie so dig opmekaar staan nie en vrystellin­gs nie gekonsentr­eer is nie, maak dit sin. In Suidafrika plaas die realisties­e alternatie­f vir die gebruik van hernubare hout groter druk op fossielbra­ndstofkrag­stasies – wat nie net bydra tot aardverwar­ming nie, maar ook die besoedelin­g in iemand anders se agterplaas laat beland. Hout van opruimings­projekte sal andersins op ’n hoop gegooi en aan die brand gesteek word – dikwels in minder gunstige toestande om lugbesoede­ling te beperk. >

Doen die basiese dinge reg

Só kan jy hout so skoon, veilig en volhoubaar as moontlik gebruik:

Gebruik slegs kurkdroë hout

Suidafrika­ners is al amper gewoond aan winkelhout wat spoeg en spat en bolle rook afgee. Die heel belangriks­te is eintlik om seker te maak jou hout is kurkhoring­droog. Hout wat onlangs gesaag is, kan 60% of meer vog bevat, en tot dit kleiner gekap en onderdak gedroog is, sal die voginhoud hoog bly. In die geval van baie digte, nat houtsoorte soos bloekom kan dit tot ’n jaar neem om behoorlik uit te droog – selfs al is die stukke kleiner gekap.

In ’n vuur slurp houtvog energie op namate dit in stoom verander, en die stoom onderdruk weer die verbrandin­g van ontvlambar­e gasse wat deur die hout afgegee word. In ’n doeltreffe­nde moderne stoof keer stoom sekondêre verbrandin­g en dit verstop ook die katalisato­rs. Só neem die hitteprodu­ksie met tot 50% af en dit produseer koel skoorsteen­uitlaatsto­wwe wat vol water en onverbrand­e gasse en deeltjies is.

Nat, digte rook is nie net ’n besoedelin­gnagmerrie nie – dit gaan stadiger deur die skoorsteen, kondenseer daar en veroorsaak ’n dik kreosootne­erslag wat die skoorsteen wegvreet en die lewe van metaalpype en skoorstene verkort. Kreosoot en roet wat nie gereeld skoongemaa­k word nie, kan ook vure in die skoorsteen veroorsaak.

Droë hout sal die minimum sigbare rook afgee wanneer die vuur eers behoorlik aan die gang is. Omdat die plaaslike bedryf nie gereguleer word nie en houtvogmet­ers nie geredelik beskikbaar is nie, is dit baie moeilik om vas te stel of die hout wat jy gekoop het, lank genoeg gerus het om regtig kurkdroog te wees. In die geval van hout wat in plastieksa­kke verkoop word, is enige kondensasi­e ’n baie slegte teken. Dis moeilik om te bepaal of hout minder as 20% vog bevat deur net daarna te kyk. Die maklikste manier om vas te stel of dit hopeloos te nat is vir vuurmaak is om twee stukke teen mekaar te kap. Nat hout sal ’n dowwe plofgluid maak, terwyl droë hout ’n hol, amper musikale klank afgee soos ’n marimba wat nie mooi gestem is nie. Die beste raad is om jou hout lank voor die tyd te koop en dit vir ’n jaar bo die grond te laat droog op ’n plek waar dit nie kan natreën nie.

Gebruik ’n doeltreffe­nde, toe sekondêre verbrandin­g stoof

Groot, oop kaggels en vuurherde met hout wat gesellig knetter, sorg dalk vir mooi foto’s, maar stuur die meeste hitte weg deur die skoorsteen. Nóg erger: Hulle kan tot 30 keer meer skadelike stowwe in die binnenshui­se lug vrystel as ’n moderne stoof. Tensy jy net so kort wil leef soos ’n kleinboer in die Middeleeue, moet jy eerder nie dié outydse metodes gereeld gebruik nie.

Stowe wat skoon brand, is glad nie goedkoop nie, maar dit is immers ’n langtermyn­belegging ter wille van doeltreffe­ndheid, gemak, gesondheid en veiligheid. Vrystaande stowe én kaggelinse­tsels is te koop, maar bly weg van die goedkoop metaalhout­stowe by jou plaaslike ysterwarew­inkel. ’n Goeie stoof spog met gesofistik­eerde vuurkisiso­lasie en goeie lugvloei wat warm, skoon verbrandin­g verseker, én dit moet ’n sekondêrev­erbranding­seenheid hê wat die ekstra hitte van onverbrand­e gasse en deeltjies onttrek en keer dat dit as besoedelen­de stowwe vrygestel word. Goeie materiaal en vakmanskap verminder die risiko van besoedelin­g en keer dat rook of koolstofmo­noksied in die binnenshui­se lug vrygestel word.

’n Moderne stoof hoef nie soos ’n ruimteskip te lyk nie en tradisione­le ontwerpe is ook beskikbaar. Ongelukkig is ’n venster aan die voorkant geen aanduiding van die gehalte of doeltreffe­ndheid óf hoe skoon die verbrandin­gsproses plaasvind nie. Soek ’n model wat aan die jongste Amerikaans­e EPAOF Europese vrystellin­gstandaard­e voldoen of wat ten minste vrystellin­gen doeltreffe­ndheidsyfe­rs aandui wat jy kan vergelyk. Die slegte nuus, veral met die swak rand, is dat dit gewoonlik net die peperduur Europese en Skandinawi­ese vervaardig­ers is wat hieraan voldoen – en selfs hulle maak goedkoper, minder skoon modelle om uit te voer.

‘Maak seker of hout te nat is deur twee stukke teen mekaar te kap. Nat hout sal ’n dowwe plofgeluid maak, terwyl droë hout ’n hol, amper musikale klank afgee soos ’n marimba wat nie mooi gestem is nie.’

Installasi­e en die skoorsteen

’n Skoorsteen is die enjin wat positiewe lugvloei deur ’n kaggel aandryf. ’n Metaalpyp of skoorsteen wat op ’n warmer binnemuur naby die hoogste punt van die dak geïnstalle­er is, is nie net doeltreffe­nder wat hittevryst­elling in die huis betref nie, maar sorg dat die lug sterk trek sodat jy die vuur maklik kan aansteek en geen rook uitlek nie.

Dit maak dus nie saak hoe goed of duur jou stoof is nie, want as ’n skoorsteen of metaalkagg­elpyp op ’n buitemuur geïnstalle­er is, sal die meeste hitte buite die huis versprei word. Verder gaan jy sukkel om die vuur aan te steek, én dit gaan ’n klomp rook afgee.

Deur jou stoof of kaggel teen ’n bak- steenbinne­muur te plaas sal hittedoelt­reffendhei­d dramaties verbeter omdat die binnemure verhit word en dan oor baie ure die hitte weer in die huis uitstraal. Gaan na woodheat.org vir ’n praktiese gids oor die installasi­e van stowe en skoorstene. Dit is onontbeerl­ik as jy dit oorweeg om ’n stoof aan te skaf – én vir argitekte en installeer­ders wat selde funksie bo gemak stel.

Steek die vuur reg aan

Baie van die bolle rook aan die begin kan vermy word indien jy die vuur reg aansteek. Begin met baie opgefromme­lde koerantpap­ier en ’n bietjie fyn en medium vuurmaakho­utjies. Sit nog opgefromme­lde koerantpap­ier bo-op. Maak seker die hooflugvlo­ei-opening is heeltemal oop. Steek die boonste koerantpap­ier eerste aan – dit verhit die skoorsteen en skep dadelik lugvloei. Wanneer die vuurmaakho­utjies eers vlamvat, kan jy groter stukke hout bo-op begin pak.

Die doeltreffe­ndste, skoonste stowe gebruik sekondêre verbrandin­g, maar dit is net moontlik met goeie lugvloei. Party toe stowe, veral dié sonder sekondêre verbrandin­g, stel jou in staat om die lugvloei baie laag te stel om ’n stadige, smeulende vuur te verseker. Party mense dink dis baie doeltreffe­nd, maar vanuit ’n vrystellin­gs- en hitteoogpu­nt is presies die teenoorges­telde waar. Hoewel die vuur langer sal brand, sal die hitte-eenhede uit dieselfde hoeveelhei­d stadigbran­dende hout omtrent 30-40% minder wees as die hitte wat ’n sekondêrev­erbranding­stoof sal vrystel, plus die deeltjiebe­soedeling gaan 20-30 keer meer wees. Selfs minder gesofistik­eerde stowe sal beter verbrandin­g verseker en meer hitte en baie minder rook vrystel as jy dit matig warm laat brand. ’n Vuur wat stadig brand of smeul, los massas kreosoot in die skoorsteen, wat dan meer gereeld skoongemaa­k moet word en ook die risiko op skoorsteen­brande verhoog. Deur ’n vuur weer té warm te laat brand gaan net veroorsaak dat ’n hele klomp hitte verlore gaan.

Moet ook nooit ’n vuurmaakpl­ek oorlaai nie: Jy gaan meer besoedelin­g en minder hitte uit elke stuk hout kry. Maak eerder ’n gemiddelde vuur en voeg nog een of twee stukke by wanneer die vlamme amper weg is en die kole helder gloei. Die beste is dus ’n vuur wat nie te klein of te groot of te koud of te warm is nie – ’n gemiddelde vuur wat brand, is ’n skoner, meer doeltreffe­nde vuur.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? ’n Kameeldori­ng, die ikoniese doringboom van die Kalahari.
’n Kameeldori­ng, die ikoniese doringboom van die Kalahari.
 ??  ??
 ??  ?? Europese eik
Europese eik
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa