Weg! Platteland

Kyk, doen, eet en slaap

-

SABIE Bookman’s Corner

Maggies, maar hier is lekker boeke! En báie. Ook in Afrikaans is die verskeiden­heid nuwe en tweedehand­se leesstof groot. En by Coffe Etc., die koffiewink­eltjie wat deel uitmaak van die boekwinkel, kan jy ’n geroosterd­e broodjie of ’n sny koek saam met jou koppie koffie bestel. Louis Trichardts­traat. 013 764 2074

Sabie Brewing Company

By dié brouery kry jy nie net bier uit die boonste rak nie, maar ook puik kos. En die atmosfeer en diens is van só ’n aard dat jy gaan sukkel om weg te kom. Hoofweg.

sabiebrewe­ry.com 013 764 1005

The Wild Fig Tree

Dis ’n klein en gesellige restaurant, en die spyskaart verbaas ’n mens. Buiten die gawe pizzas, opgedollie­de forel en koedoe is hier ook volstruise­n krokodilso­saties én krokodilke­rrie. Die Lowveldont­byt is ’n wenner. Louis Trichardts­traat. The Wild Fig Tree

013 764 2239

Mphozeni African Arts & Crafts

Jy gaan sukkel om nié iets hier te koop nie. Hier is mooi en interessan­te goed en die pryse is glad nie buitenspor­ig nie. Laat Helen vir jou die fantasties­e skaakstell­e wys. Louis Trichardts­traat. 013 764 2074

Watervalle

Hier is ’n hele paar watervalle sommer naby aan die dorp. Jy kan op ’n middag by almal aangaan as jy wil. Maar die mooiste een is sekerlik Lone Creek, so 8 km noordoos van die dorp. Jy kan in die groot poel reg onder die waterval swem, en by die parkeerter­rein is daar gras en braaiplekk­e. sabie.co.za

013 764 1177

Lew’s View

Hierdie netjiese houthuisie bestaan uit twee verdieping­s. Bo kan vier mense slaap en onder ses. Albei eenhede kyk uit oor die gholfbaan. Hier is ook Dstv en ’n swembad. Bespreek deur die SA Tripsinlig­tingskanto­or op Sabie. info@sabie.co.za

013 764 1177

 ??  ?? The Wild Fig Tree
The Wild Fig Tree
 ??  ?? Mphozeni African Arts & Crafts
Mphozeni African Arts & Crafts
 ??  ?? Lone Creek-waterval
Lone Creek-waterval
 ??  ??
 ??  ?? Sabie Brewing Company
Sabie Brewing Company

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa