Weg! Platteland

Kyk, doen, eet en slaap

-

PELGRIMSRU­S The Vine

As jy lus het om nuwe vriende te maak en vas te haak op Pelgrims, dan kom jy hier na The Vine-restaurant-en-kroeg toe en gesels met oom Johnny. Maar jy kan ook net vinnig middagete kom eet. Die kos is heerlik en die atmosfeer gesellig. Onderdorp.

013 768 1080

Pancakes at the Stables

Al kerriespri­ngbokpanne­koek geëet? Of een met krokodilst­ert? Nou toe, kom probeer hulle hier by Pieter en Leona Oosthuizen se plek. Die twee is altyd uitgevat in hulle kostelike Pelgrimsru­s-klere en vol grappe. Moenie loop voordat jy een van hulle lekker melkskomme­ls probeer het nie. Bodorp. Pancakes at the Stables

071 634 7113

Royal-hotel

Die Royal-hotel is die plek om te bly as jy die goudstorml­oop wil beleef, want hier lyk dinge nog soos in toeka se dae. En as jy saans hier kom eet, kan jy jou drankie in die Church Bar gaan drink – soos ’n wafferse goudmagnaa­t. pilgrims-rest.co.za

013 768 1100

GRASKOP Harrie’s Pancakes

Die eienaars is amper pannekoekh­uispionier­s in Suid-afrika en het nou al etlike takke op ander plekke. Hier kry jy pannekoeke met vulsels waaraan jy nog nie eers gedink het nie. Louis Trichardts­traat.

harriespan­cakes.com 013 767 1349

CanimamboP­ortugese restaurant

Hier is dit nie net die kos wat eg Portugees is nie, maar ook die atmosfeer. Dis dus die beste plek om te wees wanneer Graskop hom saans in die mis toerol en die naglug byt. Louis Trichardts­traat. canimambo. za.net of graskop.co.za 013 767 1868 of 013 767 1886

Graskop-hotel

Die meeste mense is maar skrikkerig vir platteland­se hotelle, maar jy hoef niks te vrees by die Graskop-hotel nie. Dis netjies en die personeel is vriendelik en behulpsaam. Saans kan jy aansit vir aandete, selfs al bly jy nie hier nie. Die kos is puik. Sorg net dat jy vooraf bespreek. Hoofstraat.

graskophot­el.co.za 013 767 1244

Wild Forest Inn

Dié huisie is mooi weggesteek agter ’n inheemse woud en net 5 km buite Graskop. Dis net die plek as jy op soek is na vars lug, stilte en iets romanties. 082 559 6586

wildforest­inn.com

Havana Nights

Hier is vier netjiese selfsorghu­isies – een met slaapplek vir vyf mense en die ander drie met slaapplek vir ses. Elkeen het Dstv en sy eie braaier. Richardson­laan. Bespreek deur die SA Trips-inligtings­kantoor op Graskop. graskop.co.za 013 767 1886

 ??  ?? Havana Nights
Havana Nights
 ??  ??
 ??  ?? Pancakes at the Stables
Pancakes at the Stables
 ??  ?? Royal-hotel
Royal-hotel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa