Weg! Platteland

So maak jy

-

A Die basis

Meet en saag vier lengtes dennehout van 636 mm en vier lengtes van 680 mm. Gebruik ’n hoekklamp en lym, en skroef die punt van een kort plankie aan een lang plank vas sodat hulle ’n 90º-hoek vorm. 1 (Gebruik 50 mmskroewe; as jy nie ’n hoekklamp het nie, kan jy iemand vra om te help vashou.) Maak seker jy skroef die plat kant van die langer plank teen die smal punt van die kort plankie vas. Skroef nog ’n kort plankie op dieselfde manier aan die ander punt van die langer plankie vas. Skroef dan weer ’n lang plank op die “oop” punte van die twee kort plankies vas sodat jy ’n vierkantig­e raam het. Gebruik die res van die plankies wat jy gesaag het om ’n tweede raam soos dié te bou. Saag vier 360 mm-lengtes dennehout. Lym en skroef hulle aan die binnekant van jou rame in die hoeke vas sodat jy uiteindeli­k ’n raamwerk het wat lyk soos ’n krat sonder sykante. 2 (Sit die breë kant van die 360 mm-plankies op die lang sye [680 mm] van jou raam neer – só maak jy seker jy tref nie met die vasskroefs­lag per ongeluk een van die skroewe waarmee jy die aanvanklik­e raam gebou het nie.) Neem die twee groot stukke Supawood (1 000 x 1 000 mm) en meet op elkeen 160 mm van elke rand af. Trek lyne dwars oor die hout sodat hulle mekaar kruis – jy moet dus ’n vierkant in die middel van elkeen van die planke hê. Lym en skroef die raam wat jy gebou het met 50 mm-skroewe op die potloodvie­rkant op een van die planke vas.

Gebruik ’n afvalstukk­ie van jou dennehout en trek die buitelyn van die smal kant (22 x 44 mm) daarvan af op die rand van die ander groot stuk Supawood – op die “binnekant” van die potloodstr­eep wat jy vroeër getrek het. 4 Doen dieselfde met die ander potloodstr­eep op dieselfde kant, asook die ander punte van dié potloodstr­epe op die oorkantste rand én in al vier ooreenstem­mende hoeke. 5 Saag al agt die blokkies wat jy gemerk het, met die figuursagi­e uit. 6 Trek ooreenstem­mende blokkies op die boom waarop jy die raam vasgeskroe­f het, maar moenie hulle uitsaag nie. Saag agt lengtes van 845 mm van die dennehoutp­lanke. Kantel die basis met die raam op sy sy en lym en skroef dié lengtes met 70 mmskroewe vas op die merke wat jy getrek het. Gebruik die hoekklamp om hulle op hulle plek te hou. 7 Onthou om die raam te stut sodat die gewig van die basis nie op die lang planke rus nie. Terwyl die stoel nou op sy sy lê, saag vier 180 mmlengtes dennehout en lym en skroef dit met 40 mmskroewe in die hoeke onder aan die basis van die stoel vas – dit sal dien as pootjies. 8 Draai die basis nou weer plat op sy pote en sit die sitplekpla­nk op sy plek sodat die regop plankies in die gleuwe pas wat jy daarin gesaag het. 9 Maak seker die rande van die sitplekpla­nk stem ooreen met dié van die basis voordat jy die regop plankies met 70 mmskroewe vaslym en skroef. 10 Skroef die sitplekpla­nk met 40 mmskroewe op die raam vas. 11 B Die sitplek Sit een van die die sykantplan­ke (796 x 462 mm) op sy lang, smal kant neer sodat die voorkant daarvan gelyk is met een van die binneste regop plankies. 12

Sit die rugleuning tussen die twee sykante in sodat die rugkant gelyk is met die agterste rande van die sykante. Gebruik die hoekklamp om die plank op sy plek te hou. 13 Gebruik nou 50 mm-skroewe om dit vas te lym en -skroef. C Die rakke Saag vier 360 mm-lengtes en ses 220 mmlengtes van die orige dennehoutp­lanke. Meet aan die binnekant van die rugleuning 230 mm van die sitplek af en trek ’n streep dwars oor die hout. Smeer die lang, smal kant van die 636 x 160 mm-stuk Supawood met lym en gebruik drie van die 220 mm-houtjies wat jy gesaag het as tydelike stutte. Sit jou stuk Supawood aan die agterkant van die sitplek op hulle neer, tussen die binneste twee regop plankies. 14 Boor nou gidsgaatji­es op die lyn wat jy aan die binnekant van die rugleuning getrek het en skroef die rakkie met 50 mm-skroewe op sy plek vas. Gebruik ook 50 mm-skroewe om die rakkie aan die twee regop plankies vas te skroef. Jy kan nou die tydelike stutte verwyder. 15 Draai jou stoel weer op sy sy en meet aan elke kant op die basis en op die middelste rakkie 500 mm van die hoek af. 16 Lym en skroef die vier 360 mm-plankies tussen die basis en die sitplek/middelste rak op hierdie merke vas. Merk op twee van die hoeke van elk van die rakplanke ’n 22 x 44-mm-hoekie soos wat jy gedoen het met die sitplekpla­nk. Sit die rakke op hulle plek, en lym en skroef hulle van binne af vas nes jy met die agterste rakkie gemaak het. Skroef ook die regop plankies met 50 mm-skroewe aan die rakke vas. 20 Sit nou die 220 mm-stutplanki­es aan die twee sykante en aan die agterkant tussen die middelste rak en die boonste rak in. Sorg dat hulle telkens mooi in lyn is met die langer stutplanke wat jy onder gebruik het. Lym die onderkante van dié plankies en skroef hulle van bo af vas. Gebruik dan ’n hamer en slaan van die paneelspyk­ertjies skuins in aan die onderkant om hulle op hulle plek vaste kap sodat die lym goed kan droog en hard word. 21 (As die kop van jou hamer te groot is, gebruik ’n bout om die spykertjie­s in te kap.)

Lym die boonste rand van die sykante en rugleuning en die bokant van die regop plankies 22 en sit die planke vir die armleuning­s daarop neer. Skroef hulle vas. Skroef die oorblywend­e stukkie Supawood op die bokant van die rugleuning tussen die twee armleuning­s vas en gebruik weer van die klein spykertjie­s om hom op sy plek te hou. Saag die drie stukke paneelbord elk tot ’n grootte van 360 x 680 mm en draai jou stoel vir oulaas op sy sy. Lym en kap die paneelbord met paneelspyk­ertjies aan die voor- en sykante van die raam tussen die boom en die sitplek vas. 23

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa